Body

Afrikaans Newsletters

God se Kinders Ly

David Wilkerson

‘n Dierbare suster het na die mikrofoon gekom om te bid by een van ons onlangse byeenkomste by Times Square Kerk. In trane het sy gebid, “O God, U kinders ly! Here, al U kinders ly – regtig swaar! Help ons – asseblief!” Deur die hele ouditorium kon mens die reaksie van die mense voel, asof hulle sê, “Ja! Dit is ek. Ek ly – swaar!” Die hele pad huistoe daardie aand, het ek innerlik geween. Ek het gebid, “Here, dit is nie net U kosbare skape daar buite in die gemeente wat ly nie. Ek is een van U herders en soms ly ek ook.”

'n Hut op die Dak

David Wilkerson

Hier by Times Square Kerk het ons hierdie jaar aangewys as een van gebed vir herlewing. Met “herlewing” dink ons nie aan een of ander groot emosionele ontroering met mense wat van myle en myle ver weg kom om iets sensasioneel te sien nie. In plaas daarvan, wil ons ‘n voorbereide volk hê – voorberei met heiligheid om ‘n woning vir God se teenwoordigheid te wees! Ons wil ‘n herlewing van die Here se heilige teenwoordigheid hê, waar dit so behaaglik vir God sal wees, dat Hy sal neerdaal om elke behoefte aan te spreek – waar Sy heerlikheid geopenbaar word!

Ons het Meer Oproermakers Nodig in die Kerk

David Wilkerson

Ons het meer oproermakers nodig in die kerk! Ek bid dat elke lid van die liggaam van Christus ‘n oproermaker sal word! Ons het ‘n leër van oproermakers nodig wat so vol van die Heilige Gees geword het, dat hulle oproer sal veroorsaak in New York Stad en in elke ander stad in die wêreld; en hulle goddelose instellings sal ontstel – die dooie gevestigde dooie kerke sal uitdaag – en die leiers, die burgermeesters, die stadsrade, die gemeenskapsleiers sal verontrus!

Koud Word op die Vooraand van Verwoesting

David Wilkerson

Volgens God se Woord, moet Christene elke dag lewe asof “die einde van alle dinge naby is.” Ons moet altyd op die uitkyk wees vir Sy koms. Ons moet wakker en ywerig wees soos dienaars wat wag vir hulle meester om terug te keer van ‘n lang reis af. Saam met Paulus, moet ons juig dat ons hierdie aarde sal verlaat om met ons nuwe liggame beklee te word. Ons moet altyd daarna verlang om by die Here te wees.

Lewe in die Bonatuurlike

David Wilkerson

Ek kan nie die Boek Handelinge lees sonder om baie skaam te voel nie! Die apostels het geleef en bedien in die koninkryk van die bonatuurlike. Selfs die gemeentelede soos Stéfanus en Filippus, manne wat die tafels bedien het, was magtig in die Heilige Gees, het wonderwerke gedoen en hele stede in beroering gebring. Wie kan die Boek Handelinge lees sonder ontsag en verwondering oor al die wonderwerke wat God vir hulle en onder hulle gedoen het? Engele het aan hulle verskyn, hulle boeie oopgesluit, en hulle uit streng sekuriteitstronke vergesel.

Skielike Verderf soos die Barensnood van ‘n Swanger Vrou

David Wilkerson

“Maar oor die tye en geleenthede, broeders, het julle nie nodig dat aan julle geskryf word nie; want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. Want wanneer hulle sê: Vrede en veligheid – dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en julle sal sekerlik nie ontvlug nie” (1 Thessalonicense 5:1-3).

Die Laaste Herlewing

David Wilkerson

Die Nuwe Testament kerk was gebore in ‘n gloed van glorie. Die Heilige Gees het daarop neergedaal met vuur, en die eerste Christene het in tale gepraat en geprofeteer. Hulle het die deurdringende oortuiging van sonde beleef, en menigtes het hulle bekeer. Hulle het links en regs uitgebreek en het grootliks vermeerder. Die vrees van God het op hulle geval en ook op almal wat hulle gesien het. Daar was tekens, wonders en wonderwerke. Die dooies was opgewek. Vreeslose evangeliste het oral heen gegaan en die Woord verkondig. Tronke kon hulle nie binne hou nie.

Slangeiers Uitbroei

David Wilkerson

“Slangeiers uitbroei” is ‘n Bybelse term, nie ‘n grap nie, en dit het te doen om in heiligheid voor God te wandel. Jesaja die profeet, het die geheime oorsaak van die geestelike ineenstorting van God se kinders ontdek, en God het Jesaja beveel om ‘n deurdringede basuin teen hulle te blaas. “Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos ‘n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes” (Jesaja 58:1).

Die Teenwoordigheid van God

David Wilkerson

Dawid het owerspel gepleeg met Batséba, “...Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die HERE” (2 Samuel 11:27). Batséba het koningin geword, en Dawid het voortgegaan met sy koninklike pligte. Eendag, miskien toe hy besig was in ‘n hoë regeringsessie met buitelandse ambassadeurs, het iemand die koning genader en gefluister, “Meneer, die profeet Natan is hier. Hy is ongeduldig en dring daarop aan om u dadelik te spreek. Hy sê, dit is ‘n saak van lewe en dood!”

Die Leer van Isébel

David Wilkerson

Ek sou hierdie boodskap ‘n subtitel kon gee van “Die gevaar van verlei te word deur valse leer.” Lees Openbaring 2:18-29 en jy sal sien dat Christus self die kerk gewaarsku het teen die leer van Isébel. “Dat jy die vrou Esébel, wat haarself ‘n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet” (Openbaring 2:20). Die Griekse woord hier vir Isébel is ‘n sinoniem vir valse leraar. Sy verteenwoordig ooglopend valse leringe.