Body

Afrikaans Newsletters

Muur van Vuur

David Wilkerson

Laat my jou vertel hoe hierdie profesie ontstaan het. Gwen en ek het pas teruggekeer na ons motel in Sacramento, Kalifornië, ná ‘n veldtog. Ek het die TV aangeskakel en die kanale deurgesoek na ‘n nuusprogram. Een van die kanale het ‘n musiekvideo van ‘n gewilde jong rocksanger gespeel. Dit was so diabolies ek kon dit nie afskakel nie – ek was te verstom oor dit wat ek gesien het.

Ontwaak en Skud

David Wilkerson

“Ontwaak, ontwaak, beklee jou met sterkte, o Sion, trek jou sierlike klere aan, o Jerusalem, heilige stad! Want in jou sal verder geen onbesnedene of onreine meer kom nie. Skud jou los uit die stof, staan op, sit neer, o Jerusalem! Maak los die bande aan jou hals, o gevangene, dogter van Sion! Want so sê die HERE: Vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word” (Jesaja 51:1-3).

Hy Laat Oorloë Ophou

David Wilkerson

“Wat oorloë laat ophou...” (Psalm 46:10).

Watter welkome nuus vir die kind van God wat verpletter en verskeur is deur die oorlog in die siel: Hy laat oorloë ophou. Geseënde verligting; die oorlog in my siel is Sý oorlog, en Hý alleen kan dit laat ophou. My liefdevolle Vader sal nie toelaat dat die vlees of die duiwel my boelie tot in ‘n nederlaag nie.

My oorlog word duidelik gedefinieer deur Jakobus wat geskryf het:

‘n Stem — ‘n Spieël — En ‘n Stap van Geloof

David Wilkerson

Daar is drie groot waarhede wat ek graag onder jou aandag wil bring. Elkeen is ‘n definisie van wat ‘n ware Christen behoort te wees.

Drie gesalfde manne van God vergestalt hierdie waarhede en hulle is Johannes die Doper, Stéfanus en Petrus. Johannes was die stem, Stéfanus het die heerlikheid weerspieël en Petrus het die uitdagende stap van geloof geneem. Hulle voorbeelde behoort die doelwit te wees van elke ware gelowige wat toegewy is aan die Here Jesus Christus.

Die Here se Tortelduifie

David Wilkerson

Vergewe my asseblief die verwysing na my persoonlike stryd, maar ek moet vir julle vertel van onlangse probleme wat ons gely het om jou die lesse mee te deel wat daaruit geleer is. My gesin en ek het pas deur die ergste beproewing van ons lewens gegaan.

Die Krag van Sy Teenwoordigheid

David Wilkerson

“Sodat van my aangesig af weg sal bewe...al die mense wat op die aarde is; en die berge sal omvergegooi word en die kranse inmekaarstort en al die mure op die aarde val” (Eségiël 38:20).

Daar is ‘n onheilspellende Skrif in die Bybel wat ‘n bron van vertroosting is vir talle Christene. Dit is Matthéüs 7:22,23, “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!”

Opvaringslewe

David Wilkerson

“Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Die Man Wat Christus Gemis het

David Wilkerson

Ek wil vir jou die mees tragiese mens in die geskiedenis wys. Hy is nie Judas nie; hy is nie Herodus nie; hy is nie eens ‘n hater van God nie. Hy was ‘n seun van Dawid, ‘n koning in Jerusalem en ‘n tipe van die hartseerste, mees patetiese mens op aarde.

Luister eers asseblief klaar as ek vir jou sê dat ‘n Ou Testament koning, jare voor Bethlehem en Gólgota, Christus gemis het. Hoe kan ‘n mens Christus mis, eeue voor Hy gebore is?