Body

Afrikaans Newsletters

Die Heerlikheid van God

David Wilkerson

“…verheerlik My by Uself…” (Johannes 17:5).

Geen mens kan heerlikheid werklik definieer nie, net so min as wat ‘n mens God kan definieer. Heerlikheid is die volheid van God en hierdie onderwerp is te hoog vir ons beperkte verstand. Tog, ken ons ten dele.

Wanneer God Sy heerlikheid gee, gee Hy Homself. Hy kan Homself nie in stukkies opbreek nie – geen mens ontvang ‘n deel nie, maar alles. Die een wat Sy liefde ontvang, kry ook Sy genade, Sy heiligheid en Sy krag. Die een wat Sy barmhartigheid ontvang, kry ook Sy liefde en al die ander dinge wat die volheid van God is.

Heilige Grond

David Wilkerson

God kan ‘n mens nie gebruik totdat Hy hom op heilige grond gekry het nie. ‘n Heilige God moet ‘n heilige mens op heilige grond hê.

Heilige grond is nie ‘n fisiese plek nie, maar ‘n geestelike een. Toe God Moses beveel het om sy skoene af te trek omdat hy op heilige grond was, het Hy nie verwys na ‘n twee-by-vier stuk vaste eiendom nie.

God het Moses vanuit die brandende bos geroep en hom beveel: “Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond...” (Exodus 3:5).

Gaan Visvang

David Wilkerson

Ek wil met jou praat oor ‘n unieke ervaring wat gedeel word hoofsaaklik deur diegene wat smag daarna om dieper met Christus te gaan. Dit het te doen met ‘n ontsaglike geestelike teleurstelling wat gewoonlik periodes volg van vars salwing en goddelike openbaring. Slegs daardie manne en vroue van God wat ‘n unieke aanraking het van Hom, kan die dooiepunt en donker dieptes verstaan wat daarop volg.

Dit is die getuienis van geestelike reuse van alle tye, dat die ergste versoekings, die mees onderdrukkende oorloë – kort na die wonderlikste geestelike belewenisse volg.

Die Sonde van Vermenging

David Wilkerson

Hoeveel kerke waarvan jy weet word oorstroom met die ontsagwekkende teenwoordigheid van Jesus Christus? Waar word gelowiges so met ontsag en eerbied vervul, dat hulle in heilige stilte vergader. Waar niemand waag om ligsinnig of lighartig te wees nie. Waar die sang so gevul is met Christus se teenwoordigheid dat sondaars ween. Waar die afvallige en die goddelose sondaars so ellendig voel dat hulle óf na die altaar, óf by die deur uit hardloop. Waar die prediker so gesalf is dat sy aangesig lyk of dit skyn met bonatuurlike heerlikheid en sy woorde sondeoortuigende krag het.

Die Gemeenskap aan Sy Lyde

David Wilkerson

“Sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word” (Filippense 3:10).

Gemeenskap is die eenheid van vriende wat soortgelyke belange of probleme deel. Om te ly is om pyn of angs te voel.

Paulus het gesmag daarna om die pyn en angs te deel wat Christus beleef het. Het hy nie genoeg lyding in sy eie lewe gehad nie? Het hy nie die hartseer en sorge van al die kerke swaar op sy hart gehad nie? Tog het hy steeds gebid – “O, dat ek mag weet hoe om Christus se pyn en lyde te deel.”

Die Koring op die Top van die Berg

David Wilkerson

“Mag daar volheid van koring wees in die land, op die top van die berge; mag die vrug daarvan ruis soos die Líbanon...” (Psalm 72:16).

Die 72ste Psalm is ‘n profetiese visioen van die heerskappy van die Here Jesus Christus. Hy is die koring, op die aarde, op die top van die berge. “As die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit veel vrug” (John 12:24).

Jou Pad na Vryheid Deur Lief te Hê

David Wilkerson

‘n Pragtige jong paartjie, beide geestelike kinders van my, het onlangs in sonde verval en was gedwing om uit hulle bediening te bedank. Vir amper ‘n week lank het hulle weggekruip in ‘n afgesonderde motelkamer, huilend, angstig en wanhopig oor die lewe. Hulle het deur God verlaat gevoel, verraai deur vriende en nutteloos vir hulleself en vir die koninkryk van God.

Hongersnood in die Land

David Wilkerson

“En daar sal hongersnode wees en beroeringe. Hierdie dinge is ’n begin van die smarte...” (Markus 13:8).

Daar is ‘n verskriklike hongersnood in die land vandag. Dit is nie ‘n voedselhongersnood nie. Trouens, die Verenigde State produseer so ‘n oorvloed van kos dat die regering tans besig is om ‘n aantal aansporings vir boere te gee om van hulle grond uit produksie te haal.

Die Jagter

David Wilkerson

Jy het seker al gehoor van die snuffelhond van die hemel. Dit is die Gees van God wat ‘n mens opspoor en nooit met hom moed verloor nie. Hy gee nooit op nie totdat Hy hom vind. Waaroor ek nou met jou wil praat, is die jagter van die hel, wat die kosbaarste kinders van God jag deur hulle te soek en te vernietig. Dit is die Duiwel self.