Body

Afrikaans Newsletters

Babilon is Besig om te Val

David Wilkerson

“En hy het met ’n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword ’n woonplek van duiwels en ’n versamelplek van allerhande onreine geeste en ’n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls...” (Openbaring 18:2).

Binnekort Hier – ‘n Herlewing van Heiligheid

David Wilkerson

‘n Herlewing kom na hierdie land. Die vonke is reeds aangesteek deur die Heilige Gees en oral waarheen ek nou reis, is daar tekens van ‘n glorieryke ontwaking, met menigtes van God se kinders wat honger en dors na geregtigheid. Die Bybel voorspel dat wanneer die vyand inkom soos ‘n stroom, sal die Gees van die Here ‘n standaard teen hom oprig. Heiligheid, die ware geregtigheid van Christus, is die standaard.

Die Noodlottige Wedloop

David Wilkerson

"...Laat ons...met volharding die wedloop loop wat voor ons lê..." (Hebreërs 12:1)

Die woord wedloop stel kompetisie voor. God se kinders word vergelyk met hardlopers in ‘n langafstand wedloop wat om ‘n prys meeding. Die prys is ‘n glorieryke openbaring van die kennis van Jesus Christus.

Goeie Nuus vir Slegte Mense

David Wilkerson

Ek het in die middel van Times Square in New York stad gestaan en kyk na die mal parade van sondaars wat hulle goddeloosheid trots vertoon, en my geestelike bloed het begin kook. Dit was net na middernag en die sonde-skare het opgekom vanuit die duikweë en bymekaargekom op Times Square en 42ste Straat van oral oor die stad.

Die Waarheid Oor Geloof

David Wilkerson

Is  jou geloof swak? Is jy verleë omdat jou geloof nie lyk asof dit resultate lewer nie? Het jy pligsgetrou gebid oor ‘n versoek en daarvoor geglo met jou hele hart en dit het nie gebeur nie? Nog erger, die teenoorgestelde het gebeur? ‘n Geliefde is nie genees nie. Die begeerte van jou hart was nie toegestaan nie – ten minste nie tot jou tevredenheid nie. Die wonderwerk wat jy nodig het, het nog nie gebeur nie. Die tyd gaan verby en die probleme is steeds daar.

Pyn, Lyding en Verwarring

David Wilkerson

Die afgelope maande het ek ‘n sinkende gevoel binne-in my gehad, ‘n gevoel dat ons hele samelewing buite beheer spin. Daar is ‘n vreemde soort verwarring oral in die land.

Daar is ‘n knaende gevoel van binne dat niemand (nie ons President, of ons kongres, of ons howe) kan verander wat aan die gebeur is nie. Ten spyte van die optimisme van die President, lyk dit of nie een van ons iets kan doen om inflasie, werkloosheid of misdaad te verander nie.

Die Vrygemaakte Lewe

David Wilkerson

Ek het onlangs in die portaal van ‘n hotel gestaan en kyk hoe enkellopendes een vir een ‘n groot banketsaal binnegeloop het. Die bord buite die saal het gelees: Partytjie van Kreatiewe Enkellopendes. Dit was Sondagaand, waarskynlik die mees neerslagtige dag vir eensame mense.

Weg Met Godsdiens

David Wilkerson

In ‘n onlangse meningspeiling, was jongmense die vraag gevra, “Waar is jy die meeste verveeld?” Die nommer 1 antwoord was, “In die Kerk.”

Ek stem saam! Die meeste kerke vandag het glad niks om jongmense te bied nie. Die meeste tieners gaan kerk toe net omdat hulle ouers hulle dwing om te gaan. En baie van die ouers gaan net omdat dit die “godsdienstige ding” is om te doen.

Is Jou Wêreld Te Klein?

David Wilkerson

Phillips Brooks, ‘n groot prediker van die 19de eeu, het gesê, “Sondaars het geen reg om Christendom te verwerp nie – omdat hulle dit nog nie probeer het nie...”

Ek stem saam! Ek dink nie enige mens op aarde het reeds die krag en heerlikheid ontdek wat hier en nou in Christus beskikbaar is nie!

Help Jouself

David Wilkerson

Een van die tragieste woorde in enige taal is EENDAG! Dit som die onvervulde hoop en drome op van hierdie hele geslag.

Luister na die verslaafde dwelmgebruiker of alkoholis, “Eendag gaan ek hierdie gewoonte breek! Eendag gaan ek hierdie aap van my rug af kry! Eendag sal ek wakker word en hierdie nagmerrie sal net ‘n slegte droom wees. Eendag – sal ek vry wees.”