Body

Afrikaans Newsletters

Dit is die Moeite Werd om in die Strate uit te Gaan om Teenoor Verlore Siele te Getuig

David Wilkerson

Hier is net drie van die talle getuienisse van diegene wat tot saligheid gekom het tydens ons onlangse San Francisco uitreik. Hierdie bekeerlinge het daardie stad verlaat en is nou omring met Christene in ‘n goddelike omgewing. Party gaan deur ons Teen Challenge program in verskeie sentrums dwarsdeur die Verenigde State. Lees asseblief hulle getuienisse – bestudeer hulle foto’s – en bid baie vir hulle voortgesette groei in Christus.

God Is Nog Nie Kwaad Vir Sondaars Nie

David Wilkerson

Die dag van die toorn van die Here het nog nie aangebreek nie, maar dit kom vinnig nader. Die verbranding van hierdie aarde en die vergaan van die hemele, wat so duidelik voorspel word in die Bybel, kom voortdurend nader.

God waarsku die mensdom reeds eeue lank dat die hele universele natuur verander gaan word in ‘n hoop ruïnes. ‘n Magtige kosmiese verwoestende brand sal veroorsaak dat die raamwerk van die skepping in stukkies sal ontplof.

Die Sleutel tot Mag oor Sonde

David Wilkerson

Ek het gedink die manier om mag oor sonde te kry, sou wees om die oorsprong van sonde te bestudeer. Met ander woorde, waar het sonde vandaan gekom? Hoe het ek daarmee besmet geword? Maar wat ‘n lang, moeilike studie was dit. Dit is nogal ‘n ingewikkelde storie van ‘n kosmiese oorlog wat plaasgevind het voor ek gebore was, toe die hoof-engel, Lucifer, ‘n leër van ‘n derde van God se engele in ‘n opstand gelei het.

Sal Daar ‘n Depressie Wees?

David Wilkerson

Daar is ‘n “oorlewingspaniek” wat hierdie land in sy greep het. Sommige ekonomiese kenners waarsku Amerikaners om uit die stede te vlug, ‘n huis of grond in die platteland te koop, ‘n voorraad gedroogde kosse en ammunisie op te gaar, goud of diamante weg te steek en gereed maak vir ‘n verskriklike depressie. Op hierdie presiese oomblik, omhul ekonomiese somberheid die land soos ‘n donker, onheilspellende wolk. Werkloosheid neem toe en in sommige dele van die land, is dit amper so erg soos dit was tydens die depressie van die 1930’s.

‘n Opbouende Boodskap van Vertroosting vir Hulle wat Neerslagtig is

David Wilkerson

Al julle gelukkige, op die top van die wêreld Christene wat onder die blou hemele leef, en wat tans, die sonskyn van die wêreld geniet – hierdie boodskap is nie vir jou nie.

Hierdie boodskap is slegs vir diegene wat neerslagtig is; vir daardie kinders van God gedryf deur wanhoop, eensaamheid, droefheid, pyn en lyding. Dit is ook ‘n boodskap vir diegene wat neerslagtig is omdat hulle geen ander mens het om op te steun nie. Hoewel hulle op die Here steun, word die menslike behoefte om liefgehê te word en nodig te wees nie versadig nie.

Die Seweduisend Klub

David Wilkerson

“Maar Ek sal seweduisend in Israel laat oorbly, al die knieë wat nie voor Baäl gekniel en elke mond wat hom nie gesoen het nie” (1 Konings 19:18).

Daar is wonderlike nuus vir elke Christen wat moedeloos is oor die apatie en goddeloosheid in hierdie land. Laat dit bekend wees dat maak nie saak hoe goddeloos en verdorwe hierdie samelewing word nie; maak nie saak hoeveel Christene kompromieë maak nie; maak nie saak hoeveel in sonde verval nie – God het steeds ‘n magtige oorblyfsel van heilige, afgesonderde volgelinge wat getrou is aan Hom.

Sal God Ooit My Gebed Verhoor?

David Wilkerson

Het jy al ooit daardie vraag gevra? Is daar een besondere saak waaroor jy nou al vir ‘n lang tyd bid, met geen skynbare verhoring in sig nie? Is daar tye wanneer jy wonder of die antwoord ooit sal kom? Het jy eerlikwaar alles gedoen wat jy weet om te doen? Het jy voldoen aan alle vereistes van gebed? Het jy geween, gevas, en God vurig met ware geloof gesmeek? – En tog lyk dit of niks gebeur nie? As jy ja moet antwoord op al die bogenoemde vrae, is jy in goeie geselskap. Jy is nie een of ander vreemde soort of Christen wat getugtig word deur die Here nie.

Die Uiteindelike Genesing

David Wilkerson

Opstanding uit die dode is die “uiteindelike genesing.” Ek het probeer om daardie heerlike waarheid oor te dra aan die bedroefde ouers van ‘n vyfjarige seun wat net ure tevore gesterf het aan leukemie. Hulle het God gesmeek vir die genesing van hulle dierbare kind. Die hele kerk het ernstig gebid. Vriende het geprofeteer: “Hy sal nie sterf nie; hy sal genees word.” Een week voor die klein seuntjie se dood, het die vader die gebroke, koorsige kind in sy arms opgetel en met hom in die kamer rondgeloop. “God, ek sal nie moed verloor met hom nie. U beloftes is waar.

Om Rein te Bly in ‘n Goddelose Eeu

David Wilkerson

Is dit moontlik vir ‘n Christen om rein en suiwer te bly in ‘n wêreld vol geweld, onsedelikheid en verdorwenheid? Of is dit onvermydelik dat die gees van hierdie eeu die heiliges van God sal afbreek en hulle siele kwel? Dit met met Lot en sy gesin in Sodom gebeur, en dit gebeur met menigtes van Christene oral in die wêreld. Die oorweldigende versoekings van hierdie goddelose geslag het reeds veroorsaak dat getalle Christene kompromieë maak en hulle oorgee aan goddelose praktyke.