Body

Afrikaans Newsletters

God Het Jou Nie Vergeet Nie

David Wilkerson

Daar is ‘n vurige boodskap wat brand in my beendere. Dit is ‘n boodskap wat elke Christen moet hoor, spesifiek in hierdie tyd van oorweldiginde versoekings en ondraaglike pyn.

Hierdie boodskap wat ek van die Here af bring is eenvoudig dit: God het jou nie vergeet nie! Hy weet presies waar jy is, wat jy nou deurgaan en Hy monitor elke tree op jou pad. Maar ons is soos die kinders van Israel wat die daaglikse sorg van God betwyfel het, al is profete gestuur om wonderlike boodskappe uit die Hemel te gee.

Oorwinning Oor Jou Boesemsonde

David Wilkerson

Sonde veroorsaak dat Christene lafaards word wat in vernederende nederlaag leef. Hulle kan nie met vrymoedigheid opstaan teen sonde nie weens die boesemsonde in hulle eie lewens. Hulle verskoon die sondes van ander weens ongehoorsaamheid in hulle eie harte en hulle kan oorwinning nie verkondig nie omdat hulle in nederlaag leef. Sommige van hulle het eens geweet hoe dit was om oorwinnend te leef, wraak te neem teen sonde, nadat hulle Christus se geregtigheid in hulle eie lewens volbring het. Hulle het die krag, die moed, die seëninge beleef wat kom na diegene wat gehoorsaam is aan die Here.

Jy Kan Nie op Ander Staatmaak vir Jou Geluk Nie

David Wilkerson

‘n Hartseer jong bedienaar en sy vrou het onlangs na my gekom vir berading. Na vier moeilike jare van hul huwelik en twee kinders, het hulle egskeiding oorweeg. Sy was die hartseerste vrou wat ek in jare gesien het. Haar man, die jong bedienaar, het naby gestaan, sy gewig van een voet na die ander verskuif, terwyl sy tranerige vrou haar belydenis teenoor my uitgesnik het.

Jy Kan Nie Jou Eie Kruis Dra Nie

David Wilkerson

Dit is baie waar wat Jesus vir Sy dissipels gesê het, “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” Maar Jesus kon nie Sy kruis dra nie – en jy kan ook nie! Jesus het onder die las van Sy kruis geval, moeg, uitgeput, en nie in staat om dit nog een tree te dra nie. Johannes het gesê, “En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na die sogenaamde Hoofskedelplek, in Hebreeus Gólgota” (Johannes 19:17). Die Bybel sê nie vir ons hoe ver Jesus Sy kruis gedra het nie.

‘n Droë Tyd

David Wilkerson

Ek preek vir duisende, maar daar is tye waarin ek baie droog voel – so ver weg van die warm teenwoordigheid van God af. In hierdie oomblikke van droogheid, het ek geen begeerte om die Woord te lees nie – die lees van die Bybel word gedoen net uit ‘n gevoel van plig. Wanneer ek droog en leeg is, voel ek min dringendheid om te bid. Ek weet my geloof is ongeskonde en my liefde vir Jesus is sterk. Daar is geen begeerte in my om die dinge van die wereld te smaak nie. Dit is net dat ek skynbaar nie in voeling kan kom met God in daardie dae en weke van geestelike droogheid nie.

Jou Huwelik Kan Dit Maak

David Wilkerson

Hierdie boodskap is vir mans en vroue wat wil hê hulle huwelike moet slaag. Dit is ook vir diegene wat weer getrou en agtergekom het dat dit nodig is om die tweede keer nét so hard te werk, of selfs harder. Hierdie boodskap is vir die enkelinge wat hoop om ‘n goeie Christelike huis te vestig een of ander tyd in die toekoms

Hierdie boodskap is slegs vir eerlike huweliksmaats. Dit is nie vir diegene wat soek na ‘n uitweg uit hulle huwelik of wat ‘n manier soek om bloot te bestaan in ‘n slegte reëling nie.

Jesus En Vergifnis

David Wilkerson

Die moeilikste ding in die hele wêreld vir Christene om te doen, is om te vergewe. Ten spyte van al die gepraat in die kerk oor vergifnis, restitusie en genesing, word daar baie min gedemonstreer. Ons almal hou daarvan om aan onsself te dink as vredemakers, opheffers van diegene wat geval het en altyd vergewe en vergeet. Maar selfs die diepste geestelikes vandag, is skuldig daaraan om broers en susters skade te doen deur nie ‘n gees van vergewensgesindheid te toon nie.

Wanneer Jy Seerkry

David Wilkerson

Op een of ander manier, ly ons almal. Almal is in dieselfde bootjie. Selfs die laggende, ongeërgde skare ly. Hulle probeer hulle seerkry wegsteek deur te drink en grappe te maak – maar dit wil nie weggaan nie.

Wie ly? Die ouers van ‘n verlore seun of dogter. Miljoene ouers is diep seergemaak deur ‘n kind wat hulle raad verwerp het. Daardie liefhebbende ouers rou oor die misleiding en misdadigheid van ‘n kind wat eens liefdevol en goed was.

Goeie Nuus & Slegte Nuus

David Wilkerson

Die goeie nuus eerste! En ek sal vir jou sê waarom. Ek vind dat mense oral in die land smag na goeie nuus. Daar is so ‘n konstante spervuur van slegte nuus dat enige goeie nuus soos ‘n sonstraal op ‘n donker dag lyk. Soms sien ons slegs die slegte kant van dinge en vergeet dat daar oral om ons, elke dag mooi en opbouende dinge gebeur. Laat my vir jou vertel van die goeie nuus waaraan ons herinner moet word.