Body

Afrikaans Newsletters

Wou Jy Opgee Die Afgelope Tyd?

David Wilkerson

‘n Toenemende aantal bedienaars het vir my geskryf in die afgelope maande en my vertel van hulle bekommernis oor hulle gemeentelede wat net wil opgee. Een bedienaar het geskryf, “Ek sien my kerklede probeer so hard om probleme in hulle huwelike en druk in hulle persoonlike lewens die hoof te bied. Net wanneer dit lyk of oorwinning binne bereik is, struikel hulle en val. Goeie, eerlike Christene word so dikwels oorweldig met skuldgevoelens en veroordeling dat dit wanhoop veroorsaak.

Hou Op Om Jouself Te Veroordeel

David Wilkerson

Ek voel so skaam as ek terugdink aan my vroeë bediening – omdat ek so baie opregte mense veroordeel het. Ek het goed bedoel en dikwels was my ywer eerlik en goed bedoel. Maar hoeveel mense het ek onder verskriklike veroordeling gebring omdat hulle nie voldoen het aan mý idee van heiligheid nie!

Christen, Lê Jou Skuld Neer

David Wilkerson

Christene is snaakse skepsels. Hulle reis dwarsdeur die wêreld en verkondig die liefde van Jesus en Sy vergifnis vir enige en alle sondes. Hulle sê vir die heiden, die verslaafde, die alkoholis, die prostituut – “Kom na Christus toe en word vergewe. Hy het jou sondes vergewe by die Kruis – so kom en ontvang vergifnis en genesing vir al jou hartseer. Jy kan vrede hê en vry wees van skuld.” As gevolg daarvan, kom sondaars, wat skuldig was aan elke denkbare soort duister of bose daad, met blydskap na Christus toe, en word dadelik vergewe en verlos van hulle skuld.

Honderde Gered van Selfmoord

David Wilkerson

Ons het oorlog verklaar teen selfmoord en reeds sien ons baie groot oorwinnings. ‘n Paar maande gelede, in ‘n nuusbrief, het ek vertel hoe God my gedring het om te preek oor selfmoord in elke veldtog wat ons gehou het.

Toe God my aanvanklik gedring het om te praat oor die onderwerp van selfmoord, was ek skepties. Ek het gestry, “Hoe kan ek preek oor so ‘n morbiede onderwerp in stadswye veldtogte? Slegs ‘n klein persentasie van die gehoor sou hulle met so ‘n boodskap kon vereenselwig! Mense mag dink ek oordryf die probleem.

Die Eensaamheid van Jesus

David Wilkerson

Maak gereed vir ‘n openbaring van iets nuuts in jou teologie. Wees bereid om Jesus in ‘n volkome nuwe lig te sien. Het jy geweet dat ons ons probleme verkeerd benader? Ons is so behep met ons eie probleme dat die gedagte nie eens by ons opkom dat ons Here ook ‘n probleem het nie. En as ons Sy probleem kan verstaan, sal ons gou by die wortel van ons eie probleme uitkom.

Die Komende Reiniging

David Wilkerson

Die missie van Jesus Christus was nie net om gelowiges te verlos en met die Heilige Gees te doop nie, maar ook om die kaf van die koring te skei, te reinig en uit te wan. Wat ‘n verskriklike aspek van Sy sending – om die besmette saad te skei en te vernietig en dit vir verbranding gereed te maak.

Die kerk beleef ‘n magtige uitstorting van die Heilige Gees. Daar is ‘n groot insameling van mense van alle godsdienste en vlakke van die lewe. God se heilige dorsvloer is vol en loop oor met ‘n groot oes. Trouens, daardie wit lande het ‘n rekord oes ingebring.

Sopie-Gelowiges

David Wilkerson

“Die wyn is ’n spotter, en sterk drank ’n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie” (Spreuke 20:1).

Hierdie land word vinnig ‘n samelewing wat deurdrenk is met te veel dronk burgers. Alkohol is nou die moderne goue kalf, en miljoene mense, jonk en oud, man en vrou, word daardeur verlei.

Hoe om Versoeking te Oorwin

David Wilkerson

Versoeking is ‘n uitnodiging of uitlokking tot ‘n immorele daad. Op die oomblik loop Satan woedend oor die aarde rond soos ‘n brullende leeu wat probeer om Christene te verslind deur kragtige uitlokkings tot immorele dade. Niemand is immuun daarteen nie en hoe nader jy aan God kom, hoe meer sal Satan begeer om jou te sif.