Body

Afrikaans Newsletters

Selfmoord

Die Heilige Gees het my gedring om teen selfmoord te preek. Eers het ek dit weerstaan om oor so ‘n morbiede onderwerp te preek, maar daar was geen manier waarop ek die dringendheid kon afskud om jongmense te waarsku oor die gruwel van selfvernietiging nie. Gevolglik het ek vir die laaste paar weke in al ons stadswye veldtogte oor selfmoord gepreek.

Narre Vermaak die Bokke

Toe Paulus hierdie sendbrief aan Titus geskryf het, het hy kragtige instruksies vir ons nagelaat in sake Christus se Groot Opdrag om die evangelie te verkondig. Hy het pas die eiland Kreta verlaat waar hy en Titus saam bedien het. Paulus het vervolging op Kreta beleef en toe hy vertrek het om in ander stede te evangeliseer, het hy Titus en sommige ander leiers agtergelaat. Hierdie jong mans wou egter ook weggaan. Net soos Paulus, het hulle ondervind dat Kreta ‘n moeilike plek was om te bedien.

‘n Geloofskrisis

Jesus het ‘n geloofskrisis voorsien toe Hy gevra het, “Maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” (Lukas 18:8). Ons Here het geweet baie sou hulle geloof verloor in die laaste dae. Paulus praat ook hiervan en skryf, “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang” (1 Timótheüs 4:1). Trouens, Paulus waarsku Timótheüs om vas te hou aan sy geloof omdat so baie gelowiges “aan die geloof skipbreuk gely” het (1:19).

Demonstrasie van Gees en Krag

Terwyl ek Paulus se briewe aan die kerk in Korinte lees, stop ek eers en dink aan hierdie woord: “en my rede en prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in betoning van gees en krag” (1 Korinthiërs 2:4).

Toe ek ‘n jong predikant was, het ek die Here vir duidelike manifestasies van sy Gees gevra. Ek het gebid, “O Here, vul my met die krag van u Gees en gee my ‘n oortuigende boodskap. Demonstreer u krag. Skud die huis soos wat U op Pinkster gedoen het, sodat mense na die altaar sal hardloop en in eerbied voor U sal neerval.”

Hoe Om U Familie Van Verwoesting Te Red

"Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind" (1 Petrus 5:8). Die Bybel leer ons baie duidelik dat in hierdie laaste dae, die kerk van Jesus Christus die wraak van 'n uitgehongerde duiwel in die gesig staar. Satan weet dat sy tyd kort is, en hy lê hom daarop toe om God se mense te verslind. "Wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede omdat hy weet dat hy min tyd het. " (Openbaring 12:12).

Is U Gereed Vir Die Storm Wat Kom?

Jesaja Jesaja het geprofeteer dat God eendag sal opstaan en die hele aarde sal skud. Die profeet skryf: "Die Here gaan die aarde verwoes, vernietig, sy voorkoms verander en sy inwoners verstrooi.die gejuig sal verdwyn, op die aarde sal daar geen vreugde meer wees nie.. dit sal so kaal wees op die aarde en onder die volke soos wanneer die olywe afgeslaan is.." (Jesaja 24:1, 11, 13).