Body

Afrikaans Newsletters

​Spanning in die Bovertrek

Moeilike Plekke Betree om Groter Werke te Doen

Wanneer Christene die frase, “Bovertrek” hoor, kom een van twee Bybelse scenario’s in gedagte. Vir Charismate en Pinsterlinge, vind die vernaamste reeks gebeure plaas in Handeling 1 en 2. In Hoofstuk 1, het die dissipels bymekaargekom in die bovertrek van ‘n huis, en “het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ’n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers” (Handelinge 1:14, 1953 Vertaling). Dan, in Hoofstuk 2, het dinge werklik dramaties geraak.

Rus in Jesus in Moeilike Tye

Vir jare, het ek getrou gewaarsku oor ‘n gou-aan-die-kom wêreldwye ekonomiese slagting. Huidiglik, sien ons dit regoor die wêreld gebeur. Ek het gewaarsku dat Christene gaan ly, dat daar groot verlies en swaarkry sal wees en dit gebeur reeds. Menigtes van dierbare heiliges regoor die wêreld beleef nou groot finansiële en geestelike spanning.

‘n Teiken vir Satan se Jaloesie

As u ‘n Christen is wat God met u hele hart soek, is u ‘n teiken.

Hierdie boodskap is vir gelowiges wat ‘n tydperk van ernstige toetsing deurgaan. Ek praat met hulle wat deur diepe beproewings gaan en wat verstandelik, fisies en geestelik uitgeput is. Ons leef in ‘n tyd van groot spanning, wanneer beproewinge skielik oor ons kan kom, en ons oorweldigd, moeg en deurmekaar agterlaat.

Verander my, o Here

Deesdae is ek baie ontmoedig oor wat ons Christelike berading noem. Op hierdie stadium is daar meer opgeleide Christen beraders as in die kerk se hele geskiedenis. En daar is `n magdom van "hoe om" boeke en verhoudings handleidings beskikbaar wat geestelike advies lewer oor onderwerpe van huwelike en fisiese fiksheid tot kinderopvoeding.

Maar tog, dit is tragies dat daar meer ontstelde individue, huwelike en families in die kerk sit as ooit tevore. Die probleme in Christelike huise van vandag is onuitspreekbaar -- en geliefdes, dit moet nie so wees nie.

Die Ongelooflike Seën Om In Christus Te Wees!!

Christene leef vandag in 'n tyd van geweldige lig. Die Heilige Gees het aan ons die magtige betekenis van Jesus se werk aan die kruis geopenbaar, en die ongelooflike seëninge wat dit vir ons beteken.

Tog was daar 'n tyd toe Christus se wonderlike werk vir die wêreld verberg was. Daardie tydperk het bekend gestaan as die "Donker Eeue" - om die eenvoudige rede dat die betekenis van die kruis van die oë van die mensdom versluier was.

Hoe om Versoeking te Oorwin

Versoeking is ‘n uitnodiging of uitlokking tot ‘n immorele daad. Op die oomblik loop Satan woedend oor die aarde rond soos ‘n brullende leeu wat probeer om Christene te verslind deur kragtige uitlokkings tot immorele dade. Niemand is immuun daarteen nie en hoe nader jy aan God kom, hoe meer sal Satan begeer om jou te sif.

Vlug Weg van Verdorwe Gemeenskap

Daar is ‘n gewilde frase wat gebruik word deur herders vandag. Op enige gegewe Sondag in kerke dwarsdeur die V.S., sê ‘n prediker, “Ek nooi jou uit om betrokke te raak by ons gemeenskap.” Daar is boeke oor die onderwerp om met ‘n gemeenskap te skakel. Daar is podcasts en preke. En dit alles klink goed omdat dit klink of hulle praat van sielsgemeenskap, die verdieping van bande tussen Christus-volgelinge.