Body

Afrikaans Newsletters

Verdryf Ongeloof

“Jesus het daarvandaan weggegaan. Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het [Nasaret] … baie het na Hom geluister en is deur Sy woorde aangegryp. Hulle het vir mekaar gesê: Waar kom Hy aan al hierdie dinge, en watter besondere wysheid het hy dat daar sulke kragtige dade deur Sy hande plaasvind? … Die mense wou niks van Hom weet nie. … Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy sy hande op ‘n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het. Hy was verbaas oor hulle ongeloof (Mark 6:1-3, 5-6).

Geloof Vir Die Bonatuurlike

Die evangelie van Johannes leer ons, "Daar was 'n man van God gestuur, wie se naam Johannes was. Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo. Hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. Die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. " (Johannes 1:6-9).

Wie Bewaak die Voordeur?

Vandag is Amerika se kinders ‘n verlore geslag. Geen ander generasie van kinders, in die geskiedenis, was so gepla met seks, verdowingsmiddels, alkohol, hebsug en moord nie. My vraag is wie se skuld is dit?

Almal weet dat iets vreesliks in ons volk se skole gebeur het. Misdaad en geweld het so alledaags geword, dat baie skole nou metaalverklikkers het. Seuns in die sewende graad kan gewere in die hande kry en hulle klasmaats afmaai, sonder enige berou.

Die Groot en Finale Skeiding

Ons is lief daarvoor om Jesus se woorde aan te haal oor die oorwinning wat hy aan sy kerk belowe het: “Die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matthéüs 16:18). Paulus sê Christus het sy kerk lief en dit sal in die laaste dae aan Hom voorgestel word as heilig en gewas deur die Woord, ‘n glorieryke bruid sonder vlek, rimpel of enigiets dergeliks (sien Efésiërs 5:25-27). Eenvoudig gestel, die kerk van Jesus Christus aan die einde van tyd, sal ‘n glorieryke, heersende, oorwinnende, liggaam van gelowiges wees.

Die Vierde Tabernakel

Die Skrif praat van die woord tabernakel as die plek waar God woon. Dit is sy woning op aarde waar sy heerlike teenwoordigheid rus. Deur die eeue heen, het God sy mense besoek en sy teenwoordigheid aan hulle bekend gemaak, maar Hy het nie ‘n tabernakel gehad waarin sy teenwoordigheid op aarde kon woon nie.

Wanneer God Neerdaal

Ek is daarvan oortuig dat die Here probeer om deur te breek na sy mense soos nog tevore nie.

Soos die Skrif voorspel, het die duiwel met groot woede teen ons gekom met die wete dat sy tyd min is. En op die oomblik benodig God se mense ‘n groot uitstorting van die Heilige Gees, ‘n bonatuurlike aanraking wat selfs groter is as die een by Pinkster.

Vrymoedigheid om in God

“Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees … laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid” (Hebreërs 10:19,20,22).

Daar is twee kante aan God se werk op Golgota. Die een kant is die oordeel vir die mens en die ander kant is die voordeel vir God. Die een bevoordeel die sondaar die ander bevoordeel die Vader.

Verander my, o Here

Deesdae is ek baie ontmoedig oor wat ons Christelike berading noem. Op hierdie stadium is daar meer opgeleide Christen beraders as in die kerk se hele geskiedenis. En daar is `n magdom van "hoe om" boeke en verhoudings handleidings beskikbaar wat geestelike advies lewer oor onderwerpe van huwelike en fisiese fiksheid tot kinderopvoeding.

Maar tog, dit is tragies dat daar meer ontstelde individue, huwelike en families in die kerk sit as ooit tevore. Die probleme in Christelike huise van vandag is onuitspreekbaar -- en geliefdes, dit moet nie so wees nie.