Body

Afrikaans Newsletters

Die Ongelooflike Seën Om In Christus Te Wees!!

Christene leef vandag in 'n tyd van geweldige lig. Die Heilige Gees het aan ons die magtige betekenis van Jesus se werk aan die kruis geopenbaar, en die ongelooflike seëninge wat dit vir ons beteken.

Tog was daar 'n tyd toe Christus se wonderlike werk vir die wêreld verberg was. Daardie tydperk het bekend gestaan as die "Donker Eeue" - om die eenvoudige rede dat die betekenis van die kruis van die oë van die mensdom versluier was.

​Spanning in die Bovertrek

Moeilike Plekke Betree om Groter Werke te Doen

Wanneer Christene die frase, “Bovertrek” hoor, kom een van twee Bybelse scenario’s in gedagte. Vir Charismate en Pinsterlinge, vind die vernaamste reeks gebeure plaas in Handeling 1 en 2. In Hoofstuk 1, het die dissipels bymekaargekom in die bovertrek van ‘n huis, en “het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met ’n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers” (Handelinge 1:14, 1953 Vertaling). Dan, in Hoofstuk 2, het dinge werklik dramaties geraak.

Rus in Jesus in Moeilike Tye

Vir jare, het ek getrou gewaarsku oor ‘n gou-aan-die-kom wêreldwye ekonomiese slagting. Huidiglik, sien ons dit regoor die wêreld gebeur. Ek het gewaarsku dat Christene gaan ly, dat daar groot verlies en swaarkry sal wees en dit gebeur reeds. Menigtes van dierbare heiliges regoor die wêreld beleef nou groot finansiële en geestelike spanning.

‘n Teiken vir Satan se Jaloesie

As u ‘n Christen is wat God met u hele hart soek, is u ‘n teiken.

Hierdie boodskap is vir gelowiges wat ‘n tydperk van ernstige toetsing deurgaan. Ek praat met hulle wat deur diepe beproewings gaan en wat verstandelik, fisies en geestelik uitgeput is. Ons leef in ‘n tyd van groot spanning, wanneer beproewinge skielik oor ons kan kom, en ons oorweldigd, moeg en deurmekaar agterlaat.