Body

Afrikaans Newsletters

Het U Al Gevoel Om Op Te Gee?

Is dit moontlik vir 'n regverdige, goddelike, Gees-vervulde Christen om so laag en terneergedruk te voel dat hulle nie kan voortgaan nie - en op die randjie daarvan is om op te gee?

Dink vir 'n oomblik hieroor na. Ek praat nou van gelowiges wat naby aan Jesus leef - wie Sy hart en gedagtes ken, wie 'n geveg in gebed gehad het, wie Sy wonderwerke ervaar het, wie al oorwinning na oorwinning in hulle lewens gesien het. Sulke mense is toegewyd aan hulle werk vir die Here. Hulle gee hulleself daagliks as lewende offers.

Wat Dit Beteken Om Deur Die Gees Te Wandel!

God se doel vir elkeen van sy kinders is dat ons ons aan die beheer en heerskappy van die Heilige Gees sal oorgee:

“As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galasiërs 5:25).

Met ander woorde, “As Hy in jou lewe, laat Hy jou leiding gee!”

In hierdie boodskap wil ek twee dinge aan jou wys: 1) Wat dit beteken om deur die Gees te wandel; en 2) Hoe jy so ‘n wandel kan verkry.

Ek het nog nie ten volle by so ‘n heerlike wandel uitgekom nie, maar ek wen grond!

Gevoelens is die Boodskappers van Satan

Ek is so bly dat my gevoelens niks beteken nie en so dankbaar dat hulle geen invloed het op my redding of my verhouding met die Here nie. Ek sou lankal oorgegee het, as ek my gevoelens gehoorsaam het. My gevoelens het my dikwels moedeloos gemaak; hulle het probeer om my te mislei; hulle wou my beroof van my vrede en blydskap in Christus; en hulle het my beskuldig van elke moontlike slegte ding. Ek het geleer om my verwarde gevoelens as bookskappers van Satan te herken, wat vrees en wanhoop oor my wou bring.

Moedige Gebed op die Rand van Oordeel

Ek is nie gewoond om boodskappe oor hierdie onderwerp te skryf nie en jy sal moontlik verras wees met hierdie een. Ek berei dit voor met groot voorbehoud; dit het my ver anderkant my gemaksone geneem, selfs al is ek daaraan toegewyd om die hele raad van God te verkondig. Op hierdie oomblik, is ek verplig om te praat oor iets wat ek in ons kultuur sien gebeur. Ek het oortuig geword dat Amerika nou op die rand is van een van die grootste oordele wat dit nog ooit in die gesig gestaar het.

‘n Droom Verwesenlik​

Ken God se Beloftes Ten Volle

Ek weet wat dit is om die beloftes van God te glo en hulle nie verwesenlik te sien nie. Ek ken die belofte van onuitspreeklike blydskap en ook jare van moedeloosheid en selfs depressie. Ek weet wat dit is om God se belofte te hoor vir ‘n oorwinnende, seëvierende lewe en lang tydperke deur te bring, oorweldig en verslaan. Ek ken die belofte dat ons sy liefde sal ken – die hoogte, diepte, lengte en breedte daarvan – en tog nie daardie liefde te ervaar nie, maar in plaas daarvan, gedrewe voel om dit te verdien.

Die Torings Het Geval - Maar Ons Het Die Boodskap Gemis!

Op Dinsdag, 11 September 2001, is die Twee Toring Wêreld Handel Sentrum in New York, vernietig. Vyf dae later, terwyl ek hierdie boodskap voorberei het, het ek deur die venster van my studeerkamer op die 30ste vloer van ons woonstel gekyk. Groot wolk kolomme het steeds uit die rüines geborrel. Dit het uit die puin opgestyg en oor die Hudson Rivier gedryf, bo oor die Standbeeld van Vryheid.

Heilige Grond

Die Ou Testament is vol beelde en afskaduwings van Nuwe Testamentiese waarhede. Wanneer ek dit moeilik vind om 'n waarheid in die Nuwe Testament te verstaan, dan keer ek terug na sy beeld in die Ou Testament. Helaas, ek glo nie dat daar een enkele episode of verhaal in die Ou Testament is, wat nie vol rype waarhede vir Nuwe Testamentiese gelowiges is nie.

My predikant oupa het eendag vir my gesê: "David, as jy oor karakter gaan preek, moet jy na die Ou Testament teruggaan. Dit is waar al die karakter lerings is." Ek glo dat hy reg was.