Body

Afrikaans Newsletters

Die Lewe van Gee

Dit was die nag van die Laaste Avondmaal, die Nagmaal, en Jesus het sy laaste gesprek met die dissipels afgesluit. Alles wat Hy daardie aand gesê het, was met die wete dat Hy op die punt was om hulle te verlaat. Daarom het hy die byeenkoms afgesluit met ‘n bemoedigende gebed oor dinge wat sou kom: ‘n kerk wat sou oorwin en triomfantlik wees, mense wie se liefde vir mekaar ‘n getuienis vir die wêreld sou wees; ‘n goddelike krag en gesag wat deur sy volgelinge sou vloei; en die heerlikheid van die Vader wat op sy mense rus.

‘n Weg Waar Daar Geen Weg Is Nie

Tel Op Jou Bedelaarsmat. Dit is Jou Boodskap aan die Wêreld!

Hoe beweeg jy aan as jou omstandighede sê, “Geen manier nie”? Wat doen jy wanneer jou familie verbrokkel, jy finansieel sukkel, jy moedeloos is en jou hart oorloop van pyn? Is daar ‘n weg vorentoe wanneer jy nie ‘n uitweg kan sien nie?

Markus 2 wys vir ons daar is. Wanneer dinge onmoontlik lyk en ons alle hoop om aan te gaan, verloor, maak Jesus getrou ‘n weg waar daar nie ‘n weg is nie.

Uit Die Put

Toe ek ‘n tiener was, het ek my somers gespandeer deur uit te help op ‘n plaas in Texas. Die plaasbestuurder, Jimmie, was ‘n groot, frisgeboude ou wat beperkte sig gehad het, maar hy het geweet hoe om allerhande dinge te doen. Jimmie het my geleer hoe om strooi te sny en aan te ry, byvoorbeeld en ook hoe om pille in koeidele in te sit (Ja, Jimmie het baie van baie dinge geweet.)

Die koste om voluit vir God te lewe

Een van die maklikste maniere om jou vriende te verloor en om verwerp te word, is om voluit vir God te lewe. As jy ernstig raak oor jou geestelike lewe; jou afgode versaak; na die Here toe draai met jou hele hart; deur Jesus begeester raak, en jou oë van die wêreldse dinge af wegdraai – dan word jy skielik ‘n godsdienstige fanatikus! Dan ervraar jy die ergste verwerping van jou hele lewe.

Voltydse Bediening

In die vroeë jare van die kerk, het ‘n groot vervolging plaasgevind. Tydens daardie verskriklike periode, was die apostel Johannes gevange geneem en na Rome gestuur. Die Romeinse keiser in daardie tyd (óf Nero óf Diocletianus) het Johannes na die Eliand Patmos verban. Hierdie eiland was ‘n klein, verlate, onbewoonde plek. Die enigste bevolking was ‘n paar gevangenes wat daarheen verban was tot aan die einde van hulle leeftyd. Net soos hulle, was Johannes na Patmos gestuur om te sterf.

Hindernisse vir Volgehoue Gebed

Dwarsdeur die Bybel word God se volk beveel om gedurig te bid. Ons moet bid wanneeer ons teneergedruk is, wanneeer dit goed gaan en wanneer dit sleg gaan met ons. Ons moet onder alle omstandighede bid – in tye van vreugde en gesondheid, sowel as in siekte en neerslagtigheid, in tye van rus en vooruitgang, sowel as onder beproewing en hartseer. Dit maak nie saak wat ons toestand is nie, ons moet onophoudelik bid.

‘n Nasie Onder Misleiding!

In ‘n brief aan die Christene in Thessalonika, praat Paulus van ‘n toekomstige gebeurtenis wat hy “die dag van die Here” noem. Hy skryf:

“Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereninging met Hom, om nie gou julle verstand te verloor of verskrik te word nie – deur gees of deur woord of deur brief wat van ons afkomstig sou wees – asof die dag van Christus al daar is.

My Voet Het Amper Gegly!

Die Heilige Gees het dit op my hart gelê om hierdie waarskuwing aan die liggaam van Christus te bring! Die waarskuwing is dit: Daar is 'n sonde wat in op hierdie oomblik in die kerk heers en die terugval van duisende Christene veroorsaak. Hierdie spesifieke sonde lei baie gelowiges tot op die randjie van die dood!

‘n Volkome, volmaakte, opregte hart

Dit is moontlik om voor God te wandel met ‘n volkome en volmaak opregte hart! God het vir Abraham gesê, “Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees” (Genesis 17:1).

God het ook vir Israel gesê: “Jy moet opreg wees voor die Here jou God” (Deuteronomium 18:13). Dawid het homself, in sy hart, voorgeneem om hierdie bevel te gehoorsaam. Hy het gesê: “Ek wil my daaraan wy om opreg te lewe” (Psalm 101:2).

Hoe om Gelukkig te Leef

Wil God hê ons moet gelukkig wees? Dit is ‘n groot vraag vir talle Christene. Die kerk het vir meer as ‘n geslag nie ‘n duidelike antwoord hieroor gegee nie. Van begin tot einde, gee die Bybel ons egter ‘n baie duidelike antwoord en dit is bedoel om die manier waarop ons lewe te transformeer.