Body

Afrikaans Newsletters

Bereik Ondenkbare Bestemmings

God Het Een Vir Jou in Gedagte

Die Bybel wat ons lees, is ‘n boek van hoop. Die hoop wat dit vir ons gee is nie gematig, gemiddeld of normaal nie. Dit inspireer ons nie tot die normale bestaan, om bloot te oorleef en deur te kom nie. Die hoop van God se Woord word uitgedruk in kragtige beloftes wat lei tot ondenkbare resultate uit God se eie hand. Daardie hoop lei ons tot bestemmings ver bo ons wildste verwagtinge.

Nuwe Verbond Christusfees

Jesaja het van Jesus gepraat toe hy hierdie woorde geprofeteer het: “So sê die Here: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as ‘n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe” (Jesaja 49:8, beklemtoning myne).

Vergewe My, Here, dat Ek U Laat Huil

Lukas 19 gee ons ‘n kragtige beeld waar Jesus Sy laaste intog in Jerusalem maak. Die beeld is van Christus wat die stad op ‘n donkie nader onder die luide applous van lofprysings van ‘n groot skare. Hy het by die Olyfberg begin en hoe nader Hy aan die stadspoort gekom het, hoe groter het die skare geword. Gou het die mense hulle kledingstukke voor Hom neergegooi, en palmtakke gewaai en uitgeroep, “Hy is hier! Die uur het gekom vir die koning van Israel om te arriveer. Vrede het na Jerusalem gekom.

Die Wederkoms Van Die Here

Toe ek ? seun was, was die uitroep van die kerk, “Jesus kom! Hy kom soos ? dief in die nag wanneer jy dit die minste verwag. Hy sal in ? oogwink met trompet geskal kom. Wees altyd gereed.”

Gedurende my tienerjare het ek by elke Sondag byeenkoms hierdie uitroep gehoor. Elke evangelis wat by my pa se gemeente kom preek het, het ? roerende boodskap oor die nabye wederkoms van Jesus gehad. Hul uitroep is in my geheue vas geêts. En die boodskap het ? goddelike vrees en verwagting in my meegebring. Ek het geleer om met die verwagting dat Jesus enige oomblik sal kom, te leef.

God Se Aanraking

Daniël het getuig, “En kyk, ‘n hand het my aangeraak en my op my knieë en op die handpalms waggelend laat opstaan” (Daniël 10:10). Die woord die “aanraak” beteken hier “met geweld oorval.” Daniël het eintlik bedoel, “Wanneer God sy hand op my plaas, het dit my op my aangesig laat val. Sy aanraking het my ‘n dringendheid gegee om te bid en om Hom te soek met alles wat binne-in my is.”

Dit gebeur elke keer wanneer God iemand se lewe aanraak. Daardie persoon val op sy knieë. En hy word ‘n man of vrou van gebed, gedring om God te soek.

Die Geweldige Sonde Van Hoogmoed

Hoogmoed is die toppunt van God se lys van dinge wat Hy haat: "Hierdie ses dinge haat die Here, en sewe is vir sy siel 'n gruwel; trotse oë, 'n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, 'n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai" (Spreuke 6:16-19).

Die Lewe van Gee

Dit was die nag van die Laaste Avondmaal, die Nagmaal, en Jesus het sy laaste gesprek met die dissipels afgesluit. Alles wat Hy daardie aand gesê het, was met die wete dat Hy op die punt was om hulle te verlaat. Daarom het hy die byeenkoms afgesluit met ‘n bemoedigende gebed oor dinge wat sou kom: ‘n kerk wat sou oorwin en triomfantlik wees, mense wie se liefde vir mekaar ‘n getuienis vir die wêreld sou wees; ‘n goddelike krag en gesag wat deur sy volgelinge sou vloei; en die heerlikheid van die Vader wat op sy mense rus.

‘n Weg Waar Daar Geen Weg Is Nie

Tel Op Jou Bedelaarsmat. Dit is Jou Boodskap aan die Wêreld!

Hoe beweeg jy aan as jou omstandighede sê, “Geen manier nie”? Wat doen jy wanneer jou familie verbrokkel, jy finansieel sukkel, jy moedeloos is en jou hart oorloop van pyn? Is daar ‘n weg vorentoe wanneer jy nie ‘n uitweg kan sien nie?

Markus 2 wys vir ons daar is. Wanneer dinge onmoontlik lyk en ons alle hoop om aan te gaan, verloor, maak Jesus getrou ‘n weg waar daar nie ‘n weg is nie.

Uit Die Put

Toe ek ‘n tiener was, het ek my somers gespandeer deur uit te help op ‘n plaas in Texas. Die plaasbestuurder, Jimmie, was ‘n groot, frisgeboude ou wat beperkte sig gehad het, maar hy het geweet hoe om allerhande dinge te doen. Jimmie het my geleer hoe om strooi te sny en aan te ry, byvoorbeeld en ook hoe om pille in koeidele in te sit (Ja, Jimmie het baie van baie dinge geweet.)

Die Mens se donkerste uur, is God se geleentheid om sy Krag te openbaar.

In Johannes 2 sien ons dat Jesus en sy dissipels na ‘n bruilof in Kana genooi is. Klaarblyklik was Jesus se familie ook genooi, want sy moeder was ook daar. Maria het vir Hom kom sê: “Die gasheer se wyn is op.”

Jesus se reaksie teenoor sy moeder was snaaks. Hy het vir haar gesê: “My uur het nog nie gekom nie.”

Wat was hierdie uur waarna Jesus verwys? Hy het nie van die oomblik van duisternis, wat Hom drie jaar later sou oorval, gepraat nie. Met sy kruisiging het Jesus gesê: “My uur het gekom.”