Van Aangesig tot Aangesig met God

David Wilkerson (1931-2011)

Die Bybel sê vir ons dat Jakob ‘n fenomenale openbaring ontvang het deur ‘n van aangesig tot aangesig ontmoeting met God: “Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered” (Génesis 32:30, AFR53). Wat was die omstandighede rondom hierdie openbaring? Dit was die laagste, mees skrikwekkende oomblik in Jakob se lewe. Op daardie tydstip, was Jakob vasgevang tussen twee sterk magte: sy woedende skoonpa, Laban, en sy vyandige, verbitterde broer, Esau.

Jakob het pas oor die twintig jaar gewerk vir Laban, wat hom keer op keer verneuk het. Uiteindelik het Jakob genoeg gehad. So, sonder om vir Laban daarvan te sê, het hy sy familie geneem en gevlug.

Laban het hom agtervolg met ‘n klein leër, gereed om hom dood te maak. Slegs toe God egter vir Laban in ‘n droom gewaarsku het om nie aan Jakob te raak nie, net hierdie man sy skoonseun laat gaan. Skaars was Laban uit die toneel, of Esau het uit die weste aangekom. Hy het ook ‘n klein leër van 400 manne gelei, gereed om sy broer dood te maak, omdat hy sy geboortereg gesteel het.

Jakob het totale rampspoed in die gesig gestaar en hy was oortuig dat hy op die punt was om alles te verloor. Dinge het uiters hopeloos gelyk. In daardie donker uur, het Jakob egter ‘n ontmoeting met die Here gehad soos nog nooit tevore nie. Hy het gestoei met ‘n engel, wat geleerdes glo, die Here self was.

Dink nou terug aan Job. In Job se donkerste uur, het God egter in ‘n warrelwind aan hom verskyn en die Here het vir hierdie man een van die grootste openbarings gegee van Homself wat ooit aan ‘n mens gegee is.

God het die verborgenhede van die natuurlike wêreld, van die kosmos tot in die dieptes van die see, beskryf. Hy het die geheime van die skepping gewys. Aan Job was uiterste heerlikheid en majesteit van God getoon, en Job het uit daardie belewenis gekom en God geprys en gesê, “Ek weet nou U kan enigiets doen, Here. Ek het berou dat ek u oordeel in twyfel getrek het. Ek sien dat alles onder U beheer is en gerig word deur u genade. U het die hele tyd ‘n plan gehad. Ek het voorheen net van U gehoor, maar nou het ek U met my eie oë gesien” (sien Job 42:2-5).

Iets wonderliks gebeur wanneer ons doodeenvoudig vertrou. ‘n Vrede kom oor ons en stel ons in staat om te sê, “Dit maak nie saak wat uit hierdie beproewing kom nie. My God het alles onder beheer. Ek het niks om te vrees nie.”