Body

Afrikaans Newsletters

Rivier van Lewe

Aan die profeet Eségiël was ‘n ontsaglike visioen gegee. Die Skrif sê die hand van God het Eségiël opgetel en na ‘n baie hoë berg gedra waar ‘n man aan hom verskyn het “wat in sy voorkoms soos koper gelyk het" (Eségiël 40:2-3). Johannes beskryf ‘n soortgelyke visioen van ‘n man wat aan hom verskyn het op die eiland Patmos: “En sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond" (Openbaring 1:15).

Die Krag Van Die Verborge Mens

Nadat Jesus die bergpredikasie gelewer het, was sy luisteraars in verwondering. Die Bybel sê, "En toe Jesus die hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie" (Mattheùs 7:28-29). Die Griekse woord vir gesag in hierdie vers beteken "met heerskappy, krag, vryheid; soos een van in beheer is." In wese het Jesus se luisteraars gesê "Hierdie man spreek soos een wat weet waarvan hy praat."

Verander Papperds in Krygers

Ek was in graad vier toe ek die eerste keer gehoor het iemand gebruik die woord “papperd.” Dit was die naam wat kinders Groot Tom genoem het, die grootste seun in ons klas. Tom kon maklik iemand platgeslaan het. Hy was sterk, stewig en gespierd – en hy kon amper enigiets optel. Maar hy het eenvoudig geweier om te baklei!

Wanneer God Wyk

Ek hoor dikwels mense sê, “God sal Amerika nooit verlaat nie. Daar is te veel biddende Christene in hierdie land. Ons oorwinning in die oorlog teen Irak is bewys dat God steeds met ons is. Ons is ‘n Christen nasie, die appel van God se oog! Wêreldsendings is van ons afhanklik. Ons was nog altyd ‘n uitmuntende land, en die Here sal ons seën so lank as wat ons bestaan.”

Die Radikale Gevolge van die Opstanding

Ek kom uit ‘n lang lyn van predikers wat verskeie geslagte teruggaan. Daarom het dit my glad nie verbaas nie toe my oudste seun, Ashley, wou preek toe hy skaars oud genoeg was om sinne bymekaar te sit. My pa het by ons gekuier toe Ashley aangekondig het dat hy sy eerste preek vir ons wou preek. Hy het ons na sy kamer gelei waar hy ‘n kartondoos vir ‘n preekstoel opgestel het. En en pa het op die vloer gesit terwyl Ahley afgeskop het met ‘n boodskap wat hy “Die Dag toe die Sonde Uitgekom het” genoem het.

Opstandingslewe

“En die dag daarna was Hy op weg na ‘n stad met die naam van Naïn; en baie van sy dissipels en ‘n groot menigte het saam met Hom gegaan” (Luase 7:11). Toe Jesus by die stad Naïn aangekom het, was daar ‘n groot gevolg agter Hom. Hy het in die heuwels en weivelde gepreek, die siekes gesond gemaak, honger skares gevoed en die koms van God se koninkryk verkondig. Baie van die mense wat Hy gesond gemaak en gevoed het, het by sy groeiende getal dissipels aangesluit.

Lof is die Laaste Woord

Die Krag van Genade in Jou Diepste Stryd

Ek weet nie of jy in liefde met die eerste oogopslag glo nie, maar Jakob het. Toe hy die eerste keer vir Ragel gesien het, het hy geweet dat hy met haar wou trou. “Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien. En Jakob het Ragel liefgehad, daarom het hy gesê: Ek sal u sewe jaar dien vir Ragel, u jongste dogter” (Génesis 29:17-18).

Wanneer Christus Na Sy Kerk Toe Kom

Al die Ou Testament profete het die koms van Christus voorspel. Met sy koms, sou Hy heerlike seëninge bring — om die gebrokenes van hart te vertroos, vryheid aan die gevangenes te verkondig, die siekes te genees en ‘n nuwe te kerk bou (sien Jesaja 61:1). Hy sou gee “sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad vir lof vir ‘n verslae gees” (Jesaja 61:3).

Daar Kom ‘n Nuwe Wêreld

Die Nuwe Testament leer ons dat daar in die laaste dae spotters sal verskyn. Jesus sê dat hierdie spotters sal spot oor alle leerstellinge wat sê dat Christus weer kom om ‘n koninkryk te vestig. As jy hierdie leerstelling probeer verduidelik — dat wanneer Jesus weer kom Hy ‘n koninkryk van ewige geregtigheid — sal jy van jou verstand af genoem word.