Body

Afrikaans Devotionals

DIE MOEILIKSTE DEEL VAN GELOOF

David Wilkerson

Op sy pad terug huistoe ná ‘n groot militêre oorwinning, was Koning Asa van Juda onderskep deur ‘n profeet. Hierdie man het nie gekom om Asa geluk te wens nie, maar om vir hom ‘n waarskuwing te gee: “So lank as wat jy op die Here staatmaak en Hom ten volle vertrou, sal jy geseënd wees. Hy sal met jou wees en vir jou oorwinning na oorwinning gee. Maar as jy Hom verlaat en op jou vlees vertrou, sal jy net wanorde en chaos op elke gebied van jou lewe ondervind” (see 2 Kronieke 15:1-6).

 

N GLORIERYKE TYD

DIE BERG WAT HINDER

David Wilkerson

Van die begin af het God mense uitgesoek wat voor Hom kan leef sonder vrees. Hy wou hȇ sy kinders moet met liggaam, siel en gees in sy rus kan ingaan en met volle vertroue in Sy beloftes glo. God noem dit “My rus binnegaan.” So lei Hy sy mense die barre wildernis in, sonder kos of water of enige bron van voeding. Hy gee vir Israel slegs Sy belofte om hulle te onderhou. Sy Boodskap aan hulle was eenvoudig, “Glo in My.” Hy roep hulle om al hulle vertroue in Hom te plaas om die onmoontlike te doen.