Simon Dae, Petrus Dae, Satan Dae

Tim Dilena

Petrus is 'n mens met wie ons seker almal in die Bybel onsself mee kan vereenselwig. Hy het wonderlike dae gehad en dan het hy aaklige dae gehad, en die Skrif wys dit vir ons. “Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar- Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is.

Vlug of Veg

Gary Wilkerson

“o Here, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op” (Psalm 3:1, AFR53). Toe Dawid hierdie openingsvers geskryf het, het hy óf ervaar dat baie mense hom op 'n enkele front aanval óf dat hy op baie fronte aangeval word.

Soms beleef ons die een beproewing na die ander, of almal kom tegelyk. Te midde van ons lyding kan ons amper tot wanhoop gedryf word. Sommige van ons word dalk paranoïes, ons gedagtes loop wild oor die ergste scenario's. Ons raak paniekerig oor wat met ons kan gebeur.

Die Bevordering van die Evangelie

David Wilkerson (1931-2011)

"En ek wil hê dat julle moet weet, broerders, dat wat my wedervaar het, eerder op bevordering van die evangelie uitgeloop het” (Filippense 1:12, AFR53).

In hierdie vers, sê Paulus aan die Christene in Filippi om nie bekommerd te wees oor al die dinge waarvan hulle gehoor wat met hom gebeur het nie. Alles waarna hy verwys, sluit groot verdrukking en swakhede in.

Terug na die Binnekamer

David Wilkerson (1931-2011)

“Kan ‘n jonkvrou haar versiersels vergeet, ‘n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal” (Jeremia 2:32, AFR53).

Ek haal hierdie vers aan elke keer as ek my daaglikse gebedstyd misgeloop het omdat ek te besig was. Dit dryf my altyd terug na die binnekamer om uit te roep: “O, Here, ek wil U nie vergeet nie!”

Afleidings in die Heilige Plek

David Wilkerson (1931-2011)

“Geveindes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af” (Matthéüs 15:7-8).

Ek wil met jou praat oor dinge wat jou aandag aflei tydens gebed en aanbidding, veral in die huis van God. Jesus praat van mense wat in Sy teenwoordigheid kom met lofprysing in hulle monde, maar wie se gedagtes en harte elders is. Hy praat direk met hulle en sê: “Jy gee vir My jou mond en jou lippe, maar jou gedagtes is elders. Jou hart is baie ver van My af!”

God Woon bo die Nasies

Gary Wilkerson

“Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Psalm 2:1-3, AFR53).

Let op wat die psalmdigter sê oor die leiers van nasies. “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad...” (Psalm 2:2).

Aan Hom Wat Veel Gegee Is

Jim Cymbala

Kom ons kyk na 'n boodskap wat God vir Eli, een van sy priesters, oor die man se seuns gegee het: “Maar nou spreek die HERE: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees. Kyk, die dae kom dat Ek jou arm en die arm van jou vader se huis sal afkap, sodat daar geen bejaarde sal wees nie” (1 Samuel 21:30-31, AFR53).

Passiewe Geloof

Gary Wilkerson

Abram is deur God geroep om sy huis, sy land, sy vader, sy moeder, sy opvoeding en sy erfenis te verlaat. Hy het dit alles verlaat en na 'n land gegaan deur God se leiding (sien Génesis 12). 

Watter geloof! Dit verg fenomenale geloof om alles agter te laat en dadelik, heelhartig te reageer op die woord wat 'n mens in sy hart hoor, of dit nou 'n hoorbare of 'n innerlike stem is. Abram het dit egter gedoen, en hy het vertrek en sy jong broerskind met die naam Lot saamgeneem. 

Op die Rots Bou

David Wilkerson (1931-2011)

As jy sê dat jy 'n Christen is en dat jy Jesus liefhet en in gehoorsaamheid aan Hom lewe en tog verwaarloos jy Hom dag na dag deur nie te bid nie, ken jy Hom nie regtig nie. Jou huis is nie op die rots nie; dit is op sand, en dit gaan heeltemal in duie stort in moeilike tye.

Jy kan Jesus nie net leer ken deur kerk toe te gaan nie. Jy moet 'n dag-vir-dag, uur-vir-uur gesprek met die Here hê. Jy moet Hom leer ken, toeneem daarin om Hom lief te hê en begeer om te weet wat Hom behaag.

Uit Hulle Gedagtes

David Wilkerson (1931-2011)

“En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot” (Matthéüs 7:26-27, AFR53).