Die Dapperheid van ‘n Leeu

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus Christus het vir my ‘n erfenis nagelaat en ek eis dit op as myne. Die Skrif sê: “Die regverdige voel hulle veilig soos ‘n jong leeu” (Spreuke 28:11, AFR53). As jy hierdie waarheid van die volmaakte geregtigheid van Christus kan aanvaar, sal jy die moed hê van ‘n leeu. Jy sal nooit enige persoon vrees nie. Jy sal nooit na iemand se lewe kyk en onwaardig voel nie. Jy sal kan sê: “Ek het die volmaakte geregtigheid van Jesus Christus wat aan my gegee is deur geloof! Nee, dit is nie myne nie.

Is Jy Gereed om die Stryd te Voer?

Gary Wilkerson

Moenie vir gedeeltelike oorwinnings skik net omdat jy moeg, gefrustreerd of hulpeloos voel nie. God stop nooit by ‘n halwe oorwinning nie. Die oomblik wat sy so moeg voel dat jy nie nog een tree kan gee nie, is dikwels die oomblik wanneer Hy op die punt is om jou die grootste oorwinning en deurbraak te gee.

Ons Uitnodiging na die Bruilof

Joshua West

Ons lewens is deesdae so besig dat dit nie ongewoon is dat ons dinge dink soos "O, ons het nie na Jim se troue toe gegaan nie. Hoe jammer. Ons sal vir hulle ’n geskenkbewys stuur”. In die Bybelse tyd het dit baie beteken om na 'n bruilof genooi te word. As jy egter na die bruilof van ‘n vooraanstaande genooi is en dit misgeloop het, was dit baie skandalig. 

Moenie Opgee Nie

Gary Wilkerson

Wat doen jy as jy oorweldig voel? Wat doen jy as dit lyk of alles teen jou is of as jy nie genoeg hulpbronne het nie? Gaan jy saans huis toe en bly jy gespanne, angstig en bang?

As jy oorwinning in jou lewe wil sien, sal jy daarvoor moet baklei; en in die stryd sal God die krag en hulpbronne verskaf wat jy nodig het. Jy sal uit die stryd tree as 'n aanbidder van Jesus Christus.

Aan Ons Toegereken

David Wilkerson (1931-2011)

Ons sal nooit vrygespreek of aanvaar word as heilig en regverdig voor God nie, tensy ons voor Hom staan met Christus se volmaakte geregtigheid as ons eie. Dit is immers die enigste geregtigheid wat God ooit sal erken. So, hoe kan ons Christus se volmaakte geregtigheid ontvang?

Van Melk na Vaste Kos

David Wilkerson (1931-2011)

Om te begryp hoe God Sy kinders vryspreek, is nie vir baba’s nie; dit is ‘n waarheid vir volwasse gelowiges. Baie Christene is egter steeds baba’s wat melk drink en weier om verder te gaan om die vaste kos van die Woord van geregtigheid te eet. Al wat hulle verstaan, is die vergifnis van hul sondes.

Bou op die Rots

David Wilkerson (1931-2011)

Geliefde, jy bou nie op die rots nie as jy 'n prediker nodig het om op jou te skree om God te gehoorsaam, as jy 'n stel moets en moenies nodig het. Jy het nie 'n boek met reëls nodig nie; jy het 'n passievolle liefde vir Jesus nodig. Jy moet so verlief wees op Hom dat jy weet wat Hom behaag. 

“Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het” (Matthéüs 7:24. AFR53).

By God se Oorwinning Aankom

Gary Wilkerson

Rigters 7:1 sê vir  ons dat Gideon en sy 32 000 manne op die punt was om oorlog te voer teen die Midianiete wat meer as 100 000 soldate gehad het. Hulle kanse was nie goed nie.

God het vir Gideon en sy manne gesê: “As een van julle moeg of radeloos of moedeloos of bang of bevrees is, wil ek hê julle moet huis toe gaan” (sien Rigters 7:3).