Moenie Deur Brood Alleen Leef Nie

David Wilkerson (1931-2011)

As jy dink jy is te ordinêr om deur God gebruik te word, luister mooi. God gaan nie sy finale werk deur groot naam evangeliste of predikers doen nie. Hulle alleen sal nie die groot beweging van die Heilige Gees kan hanteer nie! God gaan in werklikheid elke mens wat Hom liefhet, jonk en oud nodig hê om hierdie werk te verrig. Dit sal Christene wees wat van brood alleen gespeen is. Laat ek verduidelik.

‘n Verskil Tussen Genesing en Wonderwerke?

Gary Wilkerson

Paulus het aan die kerk in Korinthiërs geskryf: “Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here...Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is” (1 Korinthiërs 12:4-7, AFR53). Daar is nege gawes van die Gees, maar deesdae fokus ek op twee daarvan: wonderwerke en genesing.

Gelowiges Wie se Bloed Swaar Is

Mark Renfroe

Ek het eenkeer 'n seminaar bygewoon waar een spreker 'n pastoor was wat verskriklike beproewinge deurleef het terwyl hy die kerk bedien het. As jy in die kamer rondgekyk het na die gesigte van die predikante en leiers wat na hom geluister het, kon jy sien dat sy storie hulle diep getref het. Almal het fyn geluister, want hoe kon jy nie? Hierdie man het geweldige lyding beleef.

Die Here se Gedagtes en Wil Ken

David Wilkerson (1931-2011)

“HERE, U het die begeerte van die ootmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister” (Psalm 10:17, AFR53).

In hierdie vers, beskryf Dawid in hooftrekke ‘n eenvoudige drie-stap plan om die Here se gedagtes en wil vir jou lewe te ken.

1.         Vra hom (bid)

Wie Kan ‘n Godvresende Mens Vind?

Jim Cymbala

Mense wat goddeloos is, vind hul behae in die dinge van hierdie wêreld, wat verander! Ek het onlangs gelees hoe Elon Musk van die rykste man in die wêreld na nommer twee gedaal het. Die rykste man is nou een of ander ou in Frankryk. Musk het iets soos 20 of 30 miljard dollar verloor. As jou wêreld net geld is — sjoe! Jy is in vir 'n wipwaentjie-rit, maar dit is hoe die goddelose leef.

Hou Op om Jouself te Vergelyk

David Wilkerson (1931-2011)

“Die volk was vervul met vrees voor die aangesig van die HERE . . .En toe het hulle gekom en die werk begin aan die huis van die HERE van die leërskare, hulle God” (Haggai 1:12,14, AFR53). Die Israeliete het onder sondebesef gekom dat hulle hul eie belange voorop gestel het en daarná teruggekeer werk toe om die tempel te herbou.  Hulle was terug waar hulle moes wees – om die huis van God te bou.