Die Bediening van Versoening
Die apostel Paulus het gesê: “[Die Here] wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word” (2 Korinthiërs 1:4, AFR53).
Een van die nodigste bedieninge in die kerk van Jesus Christus vandag is dié van vertroosting, om ander te vertroos in hul swaarkry en beproewing. Baie gelowiges weet eenvoudig nie waarheen om te gaan as hulle ly nie.