DIE KRAG OM DIE ONMOONTLIKE TE TROTSEER
Christus het gesê, “Ek het om een rede in hierdie wêreld ingekom – om die verlore siele te bereik en te red!” Dit was egter nie nét Jesus se sending nie; Hy het dit ook ons sending gemaak.
Christus het gesê, “Ek het om een rede in hierdie wêreld ingekom – om die verlore siele te bereik en te red!” Dit was egter nie nét Jesus se sending nie; Hy het dit ook ons sending gemaak.
Jesaja 31 skilder 'n volmaakte prentjie van die nutteloosheid van pogings om met eie menslike mag met die vyand slaags te raak. Ek glo hierdie hoofstuk versinnebeeld die ondoeltreffenheid van ons hedendaagse pogings om begeertes, gewoontes en boesemsondes te oorwin deur op menslike idees en middele staat te maak.
Die psalmis skryf van ‘n glorieryke geheim om ‘n vervulde, vreugdevolle lewe te geniet: “Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig” (Psalm 89:16). Die Hebreeuse betekenis van hierdie vers dui op, “Diegene wat ‘n openbaring het van die geklank sal elke dag opstaan met vrede, krag en vreugde. Hulle lewens sal gevul wees met die blydskap van die môreson.”
Jesus het vir die Christene by die kerk van Éfese – ‘n gemeente gegrondves op die goddelike leerstellinge van die apostel Paulus – gesê dat hulle hul “eerste liefde verlaat het” (sien Openbaring 2:4).
As Jesus die woorde “eerste liefde” hier gebruik, praat Hy nie van die onvolwasse liefde wat ons ervaar wanneer ons pas gered is nie. Liewer, Hy praat van eksklusiewe liefde. Hy sê: “Eens op ‘n tyd het Ek die eerste plek in jou hart beklee, maar nou het julle toegelaat dat ander dinge My plek inneem!"
“En Petrus en Johannes het saam na die tempel opgegaan op die uur van die gebed, die negende uur. En daar is ‘n sekere man aangedra wat van sy geboorte af kreupel was...om ’n aalmoes te vra...Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop...en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. En hy het opgespring en gestaan en rondgeloop” (Handelinge 3:1-2, 6-8).
Hoe reageer ons op die uitgeworpenes van ons samelewing? Wat doen ons kultuur met die armes, die verslaafdes, die alkoholiste, die bendeleiers, die homoseksuele, die VIGS-pasiënte, die sondaars? Belangriker, wat doen die Liggaam van Christus met hulle? Sien ons hulle as mense wat hulp nodig het, verlore en soekend na ‘n uitweg uit hulle wanhoop en slawerny? Of gee ons voor hulle bestaan nie? Hou ons hulle uit die gesig, iewers ver weg onder ons oë uit, sodat ons nie met hulle hoef te deel nie?
Asaf, die psalmis wat Psalm 73 geskryf het, was ‘n dierbare vriend van Koning Dawid. ‘n Man met ‘n rein hart, wat geglo het in die goedheid van God, het sy redevoering begin in hierdie psalm deur te sê, “Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is” (Psalm 73:1). Met ander woorde, “God was goed vir my deur vir my ‘n rein hart te gee.” In die volgende vers, bely hierdie dierbare man, “My voete het amper het amper gegly! Ek het amper in sonde verval.” Waarom sê Asaf dit?
Sommige Christene word heeltyd oorwin deur vrees. Sommiges is altyd neerslagtig. Ander word verswelg deur skuldgevoelens en is vreesbevange dat hulle nooit oorwinning oor sonde sal kry nie. Hulle vrees hulle gaan hul werk, hul gesondheid en hul familie verloor. Hulle het geen vrede, blydskap of rus nie. Dit is dan wanneer ek Jesus hoor vra, “Ek is al so lank by jou en steeds sien jy nie? Ken jy steeds God nie as jou Vader nie?”
Die meeste Christene wat vandag leef, sou graag wou dink dat hulle soos Jesus, “innig jammer voel” vir mense. Gedurende sy tyd op aarde, was Jesus die verpersoonliking van God se deernis. Die Skrif sê dikwels dat Christus “innig jammer gevoel het” vir die lyding van mense. En as dit die geval was in die eerste eeu, watter groot smart moet daar nie nou in ons Here se hart wees nie.
Die Bybel sê vir ons, “Sy barmhartighede het geen einde nie” (Klaagliedere 3:22). “Maar U, HERE, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou” (Psalm 86:15).
In die Ou Testament, het die kinders van God slegs ‘n kykie van God gehad as hulle Vader, “Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees” (Psalm 103:13). Jesaja het God “Ewige Vader” (Jesaja 9:6) genoem en Jeremia het van Hom geskryf as, “Jy sal My noem: My Vader!” (Jeremia 3:19).