Body

Afrikaans Devotionals

HET JY REDE OM VERTOORND TE WEES?

David Wilkerson (1931-2011)

Ek glo dat daar niks gevaarliker vir ‘n Christen is as om 'n wrok teen God te koester nie. Ek is verbaas oor die toenemende aantal gelowiges wat kwaad is vir God. Hulle sal dit nie erken nie, maar diep binne-in koester hulle ‘n wrok teen Hom. Waarom? Hulle glo dat Hy nie in hulle lewens of probleme geïnteresseerd is nie! Omdat Hy ‘n bepaalde gebed nie verhoor het nie, of nie op ‘n sekere manier om hulle onthalwe opgetree het nie, is hulle oortuig dat Hy nie omgee nie.

MOED EN VERTROUE VIR MOEILIKE DAE

Carter Conlon

Ek bring goeie nuus! Die ewigheid is nie die enigste ding waarna ons hoef uit te sien nie. Ek glo ons harte gaan gevul wees met groot blydskap, selfs te midde van moeilike dae (sien Johannes 16:33). Daar gaan gemeenskap in die Liggaam van Jesus Christus wees soos wat ek en jy nog nooit in ons lewe beleef het nie.

HERE, DOEN IETS!

David Wilkerson (1931-2011)

Drie algemene woorde wat ek onder Christene hoor ten tye van ‘n krisis is, “Here, doen iets!” Dit is heeltemal teen ons natuur as mens om stil te staan en niks te doen wanneer ons verbysterende beproewings beleef. Om geduldig vir God te wag om op te tree is waarskynlik die moeilikste ding om te doen in die Christelike wandel. Selfs toegewyde gelowiges raak paniekerig wanneer die Here nie volgens húlle tydtafel optree nie.

KOSBAARDER AS GOUD

David Wilkerson (1931-2011)

God sê vir ons, “Jou geloof is vir My kosbaar, kosbaarder as al die rykdom van hierdie wêreld wat eendag sal vergaan! En in hierdie laaste dae – wanneer die vyand allerhande soorte boosheid teen jou stuur – wil Ek hê jy moet in staat wees om sterk te staan, met ‘n onwrikbare geloof.”

GOD SE GUNS TYDENS ALLE SEISOENE

Gary Wilkerson

Het jy ‘n stryd in jou lewe waarvan jy nog nooit kon ontslae raak nie? Jy wonder, “Kan ek regtig blydskap vind in die Christelike lewe? Sal ek vir ewig in hierdie stryd gewikkel wees?”

Ek geniet dit om mense te beraad. Ek word so geseën wanneer ek sien hoe iemand vrygemaak word deur Christus se Goeie Nuus en uiteindelik die lewe kan geniet. Niks stel tevrede soos die gesig van ‘n geestlike verlamde mens wat uiteindelik genees word en in die nuwe lewe opspring met nuwe hoop, blydskap en geloof.