Body

Afrikaans Devotionals

OMDAT ‘N YDELE MAN JESUS ONTMOET HET

Gary Wilkerson

Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam...en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak, sodat geen vlees voor Hom sou roem nie. Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God...Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem” (1 Korinthiërs 1:26-31).

GOD HET NOG NOOIT SY MENSE GEFAAL NIE

Carter Conlon

Volgens die boek Handelinge, behoort elkeen van ons te “onthou die vorige dae waarin julle, toe julle verlig geword het, ‘n groot lydensworsteling deurstaan het” (Hebreërs 10:32). Herinner jouself hoe getrou God was – Hy het jou deur al jou vorige stryd en beproewings gedra. Toe jy aanvanklik tot Christus gekom het, het jou hele familie dalk gedink jy is mal; jou vorige vriende wou nie meer saam met jou kuier nie. Mense sou jou beskuldig in die werkplek bloot omdat jy gekies het om te doen wat reg was. En nou, weereens, byt jy die spit af van beskuldigings van alle kante af.

VIND RUS VIR ‘N MOEË SIEL

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het na die aarde toe gekom as ‘n mens om die mensdom van ons sondes en van allerhande soorte slawerny te verlos. Maar Hy het ook na die aarde gekom met die doel om die hemelse Vader aan ons te openbaar.

Hy het vir die dissipels gesê dat “...die Vader My gestuur het” (Johannes 5:36). Hy het ook gesê, “Ek kan uit Myself niks doen nie...omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het” (Johannes 5:30). En toe het Hy gesê, “Ek [gaan] na my Vader” (Johannes 14:12).

MY EIE GEBREK AAN GENADE

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het ‘n gelykenis vertel van ‘n dienskneg wat ‘n groot skuld vergewe was. Hierdie man het genade en barmhartigheid gevind by sy meester, maar hy het dit alles as vanselfspekend aanvaar. Onmiddellik nadat hy vergewe was, het hy uitgegaan en ‘n man wat hom ‘n klein, nietige bedrag geskuld het, begin wurg, terwyl hy eis, “Betaal my wat jy my skuld! – nou!” Toe die skuldenaar die man om genade gevra het, het hy geweier en het die skuldenaar in die tronk laat toesluit.

GOD SE MOTIVERING OM JOU TE VERLOS

David Wilkerson (1931-2011)

Selfs as jy sou leef om vyfhonderd jaar oud te word, sou jy nie lank genoeg leef om God te behaag met jou eie krag nie. Miskien het die duiwel jou oortuig dat jy God teleurgestel het en dat jy nooit in staat sal wees om Hom te behaag nie. Maar dit is ‘n leuen, omdat jy gered en vergewe is.

LEEF JY ‘N AFGEWATERDE CHRISTENSKAP?

Gary Wilkerson

Francis Chan, die welbekende outeur van Crazy Love en baie ander boeke, het geroepe gevoel deur God om sy megakerk in ‘n lieflike, welgestelde, voorstedelike, Californiese dorp te verlaat. Nadat hy die finansiële sekerheid en gemak verlaat het, het hy ‘n klein groepie gelowiges bymekaargemaak in die hartjie van San Francisco en met ‘n straatbediening begin. Omdat hy so gesaghebbend en bekend was in Christelike kringe, kon hy ‘n paar reklameborde opsit, traktaatjies uitdeel, en sonder moeite ‘n kerk begin met ‘n paar duisend mense.

DIE WÊRELD HOU DOP

Nicky Cruz

Paulus het vir die Korinthiërs gesê, “Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van volmaaktheid is” (Kolossense 3:12-14).

VAT JESUS SE HAND EN VOLG

David Wilkerson (1931-2011)

Geliefde, wanneer jy by die kruis kniel, sal jy nie ‘n gerusstellende, sagte woord hoor nie – nie aanvanklik nie. Selfs al is die kruis die enigste deur na die lewe, sal jy hoor van die dood – dood vir alle sonde.

By die kruis beleef jy die krisis van jou lewe en dit is wat kortkom in so baie kerke vandag. Die verkondiging van die kruis bring ‘n krisis van sonde en eie wil teweeg. Dit sal tot jou spreek met liefdevolle, maar ferm woorde oor die gevolge van voortgaan in jou sonde: “Verloën jouself. Gryp die dood van die kruis aan. Volg My!”

FERM IN GOD SE GREEP

David Wilkerson (1931-2011)

“Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig julle hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges” (Jakobus 4:8).

Dit is ‘n groot belofte van oorwinning oor alle sonde. Jy kan nie hierdie oorwinning self behaal nie. Jy kan nie jou eie hande reinig of jou eie hart suiwer nie. Jakobus sê in wese, “As jy rein hande en ‘n suiwer hart wil hê – as jy oorwinning wil hê oor skuldgevoelens, versoeking en alle bose vervolgers wat teen jou kom – dan moet jy tot God nader en glo dat Hy by jou is!”