Body

Afrikaans Devotionals

IS JY VERLIEF OP JESUS?

David Wilkerson (1931-2011)

“Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het” (Hebreërs 11:5).

Henog het God gehoorsaam met die een motief om Hom te behaag en hy was beloon deur die Vader deurdat hy weggeneem is – wat beteken hy was in die hemel opgeneem sonder dat hy gesterf het. Net omdat hy die Here behaag het!

“En wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom " (1 Johannes 3:22).

‘N WARE BEGEERTE OM GOD TE BEHAAG

David Wilkerson (1931-2011)

“Uit Myself doen Ek niks nie; maar net wat my Vader My geleer het, dit spreek Ek. En Hy wat My gestuur het, is met My; die Vader het My nie alleen gelaat nie, omdat Ek atlyd doen wat Hom welgevallig is” (Johannes 8:28-29).

Jesus het alles uit plesier vir sy hemelse Vader gedoen. Dit is belangrik om die motief waaruit ons gehoorsaamheid kom te verstaan, want as ons hart nie rein is nie, sal alles besoedel wees.

‘N TOESTAND VAN DIE HART

David Wilkerson (1931-2011)

Baie Christene kan sê, “Wel, ek is 'n gelowige. Ek het op die rots gebou.” Maar hulle weet nie regtig wat hierdie frase beteken nie en gaan ‘n groot skok kry wanneer hulle verhouding met Jesus nie die storm deurstaan nie.

WIE HET JY ONLANGS GESEËN?

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus beveel ons, “Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat jvir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg” (Matthéüs 5:44). As jy hierdie woord kan onderhou, is jy sekerlik geseënd deur die Here!

JESUS BID VIR JOU

David Wilkerson (1931-2011)

Geliefde, Jesus het vir ons gebid toe Hy in die vlees op hierdie aarde gewandel het, maar hierdie gebed het nie in die lug verdwyn nie. Dit het nog die hele tyd gebrand op God se altaar en God het sy Seun se gebed vir elkeen van ons aanvaar!

JOU VERLANGE VERVUL

David Wilkerson (1931-2011)

Sommige van die mees geseënde mense in God se huis is blind vir hulle seëninge. Wat ‘n jammerte. Hulle onderskei nie die groot dinge wat die Vader vir hulle gegee het nie – en daarom geniet hulle dit nie ten volle nie. Deel van die rede is moontlik die afbrekende gewoonte van om te vergelyk.