Body

Afrikaans Devotionals

ONS HOOP IN DIE NADERENDE STORM

David Wilkerson (1931-2011)

Niemand wil slegte nuus hoor nie en vandag is die kerk geen uitsondering nie; die Amerikaanse kerk lyk of hulle behep is met ‘n “goed-voel” boodskap. Hierdie gesindheid is algemeen in baie van die boeke en tydskrifte wat ons in Christelike boekwinkels kry. Dit is amper asof ons leiers sê, “Ontspan, God is ons Pappa en ons is sy kinders en ons is gemaak om onsself te geniet.”

IS JY RAADOP?

David Wilkerson (1931-2011)

Die gees van moedeloosheid is Satan se kragtigste wapen teen God se uitverkorenes. Meer as dikwels, gebruik hy dit om ons te oortuig dat ons God se toorn op onsself laat neerkom omdat ons nie sy heilige standaarde kan handhaaf nie. Maar die apostel Paulus dring by ons aan om nie ‘n slagoffer te word van die duiwel se strik nie; “Want ons is met sy planne nie onbekend nie” (2 Korinthiërs 2:11).

GETUIENIS VIR DIE NASIES!

David Wilkerson (1931-2011)

“En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ‘n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (Matthéüs 24:14).

Talle in die kerk vandag probeer die nabyheid van Christus se wederkoms bepaal deur die tekens van die tye te lees. Maar een van die duidelikste stellings wat Jesus oor sy wederkoms maak, staan in die vers hierbo: Die einde sal kom slegs nadat die evangelie aan alle nasies verkondig is – as ‘n getuienis.

GOD SE HEERLIKHEID WORD GEOPENBAAR IN MOEILIKE TYE

Gary Wilkerson

God se seën volg jou! Dit is nie net ‘n frase om jou te bemoedig nie, dit is ‘n feit gebaseer op verskeie gedeeltes van die Skrif. Baie min mense in die kerk lewe asof dit waar is. Jy mag dalk huweliksprobleme hê en wonder of die spanning met jou huweliksmaat ooit sal verander. Of jy mag dalk aan depressie lei en wonder of dit ooit sal verdwyn sodat jy die seën van God weer sal ervaar. Miskien het jy ‘n verlore kind en jy wonder of hy ooit tot bekering sal kom.

AAN JESUS NIE AANSTOOT NEEM NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here versoek, begin wanneer God toelaat dat ‘n krisis in ons lewens erger word. Waarom doen Hy dit? Wat soek Hy? Ons Here laat toe dat dit gebeur sodat Hy die laaste wortels van ons ongeloof kan bykom! Sy Gees gaan in elke kamer van ons harte in, soek die mees veroordelende dinge – hoogmoed, selfgenoegsaamheid en alle ander dinge wat sy volheid in ons verhinder.

DIE ENIGSTE VEILIGE PLEK

David Wilkerson (1931-2011)

Dwarsdeur die geskiedenis het mense geglo hulle kon enige ramspoed goed genoeg hanteer sonder geloof in God. Die profeet Jesaja het geskryf dat sulke spotters spog, “As die golwende gésel deurtrek, sal hy na ons nie kom nie...” (Jesaja 28:15). Jesaja sê hierdie mense is geestelik blind (sien Jesaja 26:11); met ander woorde, hulle sal geen ramspoed aan God se werk toeskryf nie. In plaas daarvan, sal hulle optree asof God glad nie in die hemel is nie.

HEERLIKE VRYHEID VAN VREES

David Wilkerson (1931-2011)

Die toestande in die wêreld vandag veroorsaak dat vrees toeneem. Ons sien die woorde van Jesus waar word: “Op aarde sal daar radeloosheid onder die volke wees uit angs…Die mense sal beswyk van vrees en spanning oor die dinge wat oor die hele wêreld aan die kom is, want die kragte van die hemelruim sal ontwrig word” (Lukas 21:25-26). Christus waarsku ons: “Sonder hoop in My, sal menigtes letterlik sterf van vrees!”

DIE DUIWEL VLUG WANNEER JY NA JESUS KOM

David Wilkerson (1931-2011)

As volgelinge van Jesus Christus, moet ons heeltyd bewus wees dat die duiwel daarop uit is om ons te vernietig. Daarom sê Paulus ons moet soveel weet as wat ons kan oor die vyand se taktiek en planne “Sodat ons nie deur die Satan bedrieg sou word nie; want ons is met sy planne nie onbekend nie” (2 Korinthiërs 2:11).

JESUS, ONS ROLMODEL IN GEBED

Gary Wilkerson

“En Hy het vertrek en volgens gewoonte na die Olyfberg gegaan. En ook sy dissipels het Hom gevolg. En toe Hy op die plek kom, sê Hy vir hulle: Bid dat julle nie in versoeking kom nie. En Hy het Hom van hulle afgesonder omtrent so ver as ’n mens met ’n klip kan gooi, en neergekniel en gebid en gesê: Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem! Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied! En ’n engel uit die hemel het aan Hom verskyn en Hom versterk.