VOOR JY GEVORM IS, HET GOD JOU GEKEN
Volgens Jesus, is Christus en die Kerk een in God se oë. Paulus illustreer dit met die analogie van ‘n menslike liggaam. Hy sê Christus is die hoof en ons is sy liggaam – been van sy been, vlees van sy vlees. “En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul” (Efésiërs 1:22-23). “Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene” (Efésiërs 5:30).