DRYF ONGELOOF UIT

David Wilkerson (1931-2011)

Ons lewe in die tyd van die grootste evangelie openbaring in die geskiedenis. Daar is méér predikers, méér boeke en méér evangelie-media versadiging as wat daar nog ooit in die verlede was. Tog was daar nog nooit meer bekommernis, verdrukking en verwarring onder God se kinders nie. Herders ontwerp hulle preke vandag net om mense op te tel en hulle te help om hulle wanhopigheid te kan hanteer. Hulle preek van God se liefde en geduld, en herinner ons dat Hy ons tye van moedeloosheid verstaan. Ons word vertel, “Byt net vas. Hou moed. Selfs Jesus het verlaat gevoel deur sy Vader.”

UITVERKOOP AAN JESUS

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here het vir Petrus gesê, “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Matthéüs 16:24).

Dit is duidelik dat om aan Jesus se kerk te behoort, meer beteken as net om bloot in Hom te glo. Baie Christene van vandag “stem” bloot vir Jesus, maar dan loop hulle weg en vergeet heeltemal van sy heerskappy oor hulle lewens. Ons Here maak dit duidelik dat om aan Hom te behoort, sluit ‘n lewe van selfverloëning en ‘n kruis opneem in. “En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie” (Matthéüs 10:38).

BEMOEDIGING VIR DIEGENE WAT ONVERHOEDS GEVANG IS DEUR DIE DUIWEL

David Wilkerson (1931-2011)

In Jesaja 51, bring die Here ‘n kragtige boodskap aan almal wat geregtigheid najaag. Hy sê, “Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek” (51:1).’n Paar verse later, roep hy diegene “wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is” (51:7). Toe Jesaja hierdie boodskap gelewer het, was sy onmiddellike gehoor Israel, maar God rig hierdie oproep aan elke toegewyde gelowige vandag – almal wat Jesus najaag met ‘n toenemende passie. Later spreek God sy hoorders aan as “ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie” (51:21).

DIE VREDE VAN GOD IN SKRIKWEKKENDE TYE

David Wilkerson (1931-2011)

Beskou een van die kragtigste beloftes in God se hele Woord: “God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Die stroompies van ’n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste. God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.

DIE BELONING VAN VOLHARDING

David Wilkerson (1931-2011)

Enige bespreking oor lyding en beproewings moet begin by die mees wanhopige gelowige van alle tye – ‘n regverdige, getroue, Godvresende dienaar, toegewyd aan gebed en aanbidding. Maar toe droefheid en probleme sy lewe oorweldig, het dieselfde man begin om ‘n paar baie neerhalende opmerkings oor God te maak op die hoogtepunt van sy lyding. “As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie. Hy wat my deur ‘n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder” (Job 9:16-17).

DIE IMPAK VAN GETROUE DIENAARS

Gary Wilkerson

Johannes die Doper was geroep om die pad vir Jesus gereed te maak. Hy het nie ‘n individu geneem en vir hom gesê hy moes ophou om een ding te doen en iets anders begin doen nie. Nee, hy het verkondig dat Jesus sou kom vir ‘n volk wat verbind was aan die saak van Christus, ‘n volk wat hulleself volkome aan Hom sou oorgee.

GAWES VAN DIE SALIGMAKER

Nicky Cruz

“En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid ... julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees” (Johannes 14:16-17).

God is die gewer van verstommende, wonderlike gawes. Maar daar is so ‘n ding dat ons nie weet hoe om dit te ontvang nie. Dit was die geval vir my toe my eersgebore kind, Alicia, gebore is. Ek was steeds besig om te probeer uitvind hoe om ‘n ordentlike man vir my pragtige bruid, Gloria, te wees en skielik moes ek ‘n vader wees vir ‘n kosbare klein dogtertjie.

DIE OORLOG VAN ALLE OORLOË

David Wilkerson (1931-2011)

“En daar het oorlog in die hemel gekom” (Openbaring 12:7).

Ons hoor deesdae baie van oorlog – oorlog teen terrorisme, oorlog in die Midde Ooste, kernbom dreigemente van verskeie nasies af. Nog nooit in die geskiedenis was daar so ‘n tyd van oorlog oral op die aarde nie. En as gevolg van die kitskommunikasie wat ons nou het, ontvang ons amper onmiddellik berigte van bomontploffings, hinderlae en dodetalle.