Body

Afrikaans Devotionals

WAAROP BOU ONS ONS LEWENS?

Gary Wilkerson

“Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is. Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.

SAL ONS HOM TOELAAT OM TE HEERS?

Nicky Cruz

In sy brief aan die Galásiërs, het die apostel Paulus geskryf, “As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel” (Galásiërs 5:25). Regdeur die Skrif is dit duidelik dat God wil hê elkeen van sy kinders hulle moet hulleself oorgee aan die heerskappy en regering van die Heilige Gees. Trouens, die Skrif se belangrikste doel vir die lewe binne-in ons is om ons rigting aan te dui en te lei in alles wat ons moet doen.

HARTE AANGEGRYP DEUR DIE SALIGMAKER SE LIEFDE

David Wilkerson (1931-2011)

“Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ‘n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring. Hy sal nie skreeu of uitroep of sy stem op die straat laat hoor nie” (Jesaja 42:1-3).

Hierdie gedeelte gaan alles oor Jesus. Die Heilige Gees het die profeet Jesaja bearbei om ‘n openbaring te bring van hoe Christus sou wees wanneer Hy kom en die beeld wat uit hierdie verse spruit, is duidelik: Christus sou nie kom met ‘n harde lawaai of geraas nie. Liewer, Hy sou kom as ‘n teer, liefdevolle Saligmaker. 

VOEL JY LEEG EN BEKOMMERD?

David Wilkerson (1931-2011)

As jy al ooit tye gehad het waarin jy terneergedruk en bekommerd gevoel het, dan is Psalm 77 vir jou geskryf. Die skrywer van hierdie psalm, ‘n man genaamd Asaf, was ‘n Leviet van priesterlike afkoms in Israel. Hy was ook ‘n sanger en het as Dawid se koorleier opgetree. Asaf het altesaam elf psalms geskryf en hulle was vol regverdige voorskrifte vir God se volk.

‘N HART SOOS CHRISTUS S’N

David Wilkerson (1931-2011)

Het jy al ooit gewonder wat jou doel in die lewe is? Het jy al ooit moedeloos geword omdat jy nie jou ware roeping kan ontdek nie?

Jesus som ons kerndoel op in Johannes 15:16: “Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra.” Ons doel is bloot om vrug te dra. Baie opregte Christene dink om vrug te dra, beteken bloot om siele na Christus te bring, maar om vrug te dra, beteken iets baie meer as siele wen. Die vrug waarvan Jesus praat, is om die gelykenis van Christus te weerspieël.

BEKOM ‘N DIENAARSHART

David Wilkerson (1931-2011)

Paulus, voorheen bekend as Saulus van Tarsus, was op die pad na Damaskus saam met ‘n klein leërmag om Christene gevange te neem, terug te bring na Jerusalem, hulle in die tronk te stop en te martel. Maar Jesus het aan Saulus verskyn op die Damaskus pad en hom verblind, “En drie dae lank het hy niks gesien nie, en niks geëet of gedrink nie” (Handelinge 9:9).

In daardie drie dae se tyd, was Saulus se gedagtes vernuwe. Hy het die hele tyd in intense gebed deurgebring, sy vorige lewe in oënskou geneem en hy het begin verafsku wat hy was. Dit is toe Saulus Paulus geword het.

BEKLEE MET NEDERIGHEID

Gary Wilkerson

“Wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar, want God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade” (1 Petrus 5:5).

Hoe wonderlik sal dit wees as alle gelowiges in nederigheid gewandel het! Hoe aanloklik sou die kerk wees vir ‘n verlore, hartseer, gebroke wêreld en hoe genesend vir mense wat seergemaak is in die huis van die Here. En verder, hoe wonderlik en heerlik sou dit wees vir ons Vader om te sien dat sy kerk die mantel van nederigheid aantrek.

DIE GOD WAT GEBEDE VERHOOR

Jim Cymbala

Moenie bang wees om God vir groot dinge te vra nie! Enigiets minder as dit bring oneer aan die Een wat vir ons soveel wonderlike beloftes gegee het. Wanneer sy seëninge op ons neerstort, laat ons Hom prys met ons hele hart. Maar op daardie geleenthede wanneer Hy fluister, “Gaan! Staan op en doen wat Ek vir jou gewys het om te doen,” laat ons onthou dat baie van die heerlikste antwoorde op gebed insluit om saam met God te werk om sy doelwiite te bereik.

VANDAG IS DIE DAG VIR DIE OES

David Wilkerson (1931-2011)

“Toe sê Hy [Jesus] vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur” (Matthéüs 9:37-38).

Jesus het in wese gesê, “Die lande is ryp en die oes is volop en dit is tyd om te begin insamel.”  Op daardie oomblik, het die groot, laaste geestelike oes begin en dieselfde oes gaan aanhou totdat Christus terugkeer.

WEERSPIEËL EK DIE NATUUR VAN CHRISTUS?

David Wilkerson (1931-2011)

“Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was” (Filippense 2:5).

“Maar ons het die sin van Christus” (1 Korinthiërs 2:16).

Hierdie vermanings van die apostel Paulus sê vir die kinders van God, “Laat die gedagtes wat in Christus is – Jesus se denke – ook jou denke wees. Sy ingesteldheid is die een wat ons almal moet najaag.”