Body

Afrikaans Devotionals

DEEL DIE LIEFDE VAN JESUS

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het vir sy dissipels gesê, “Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra” (John 15:16). Toe het hy vinnig hierdie plegtige woorde bygevoeg: “En dat julle vrug mag bly.” Hierdie woorde van Christus is van toepassing op sy dissipels tot op hierdie dag. Hy sê in wese, “Wees seker dat julle vrug blywend sal wees.”

“LAAT DIE SWAKKES SÊ, ‘EK IS ‘N HELD’”

David Wilkerson (1931-2011)

Ons is almal skuldig aan ongeloof met tye. Dikwels beleef ons net nog ‘n stryd en laat toe dat die vyand ons moedeloos maak. Ons mag dalk gevoelens ontwikkel van onverklaarbare eensaamheid of, ‘n gevoel van volkome ontoereikendheid beleef, sodat ons oortuig is dat die Here ons nie hoor nie. ‘n Roepstem bars in ons harte uit, “God, waar is U? Ek bid, ek vas, ek bestudeer u Woord. Waarom verlos U my nie hiervan nie?”

MAAK NIE SAAK HOE SAG JOU UITROEP IS NIE

David Wilkerson (1931-2011)

Psalm 34 gaan oor ons Here se getrouheid om sy kinders te red uit groot beproewings en krisisse. Dawid verklaar, “Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered...Die Engel van die HERE trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit...Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede...Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom” (Psalm 34:5,8,18,20).

WAARHEID GEDULDIG NAJAAG

Gary Wilkerson

Die apostel Petrus sê vir ons, Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.

DIE DIEPSTE WERK VAN GOD

Carter Conlon

“God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see. Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid!... Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde. Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ’n rotsvesting vir ons” (Psalm 46:2-4,11-12).

HOU JOU OË OP GOD SE GROOTHEID

David Wilkerson (1931-2011)

Die voormalige ruimtereisiger Charlie Duke het eenkeer vertel van hoe dit was om in ‘n klein ruimtetuig 28,000 myl van die aarde af te wees teen hoë spoed op pad na die maan. Toe die bemanning die tuig na die een kant toe gedraai het, het iemand uitgeroep, “Kyk na daardie asemrowende gesig!” Hulle het almal gekyk en die planeet Aarde wonderbaarlik gesien hang in swart ruimte – ‘n groot, helder bal, ondersteun deur niks nie. Die hele bemanning was oorweldig deur die gesig; hulle het geweet dat net ‘n almagtige Skepper God so iets kon maak.

VEILIGHEIDSMAATREËLS TEEN SATAN SE KOMPLOTTE

David Wilkerson (1931-2011)

In sy brief aan die kerk, gee Judas ‘n ernstige waarskuwing: “Aan die wat geroep, in God die Vader geheilig en vir Jesus Christus bewaar is: Mag barmhartigheid en vrede en liefde vir julle vermenigvuldig word... ek [het] die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skrywe te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is.

STAAR JY IN ‘N REUS IN DIE GESIG?

David Wilkerson (1931-2011)

Dit is maklik om die wonderwerke wat God in ons verlede gedoen het as vanselfsprekend te aanvaar. Maar die Bybel herinner ons om ons verlossings te onthou. Moses se vermaning aan Israel ná die wonderwerk van die Rooi See was, “Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het” (Exodus 13:3).

WANNEER JESUS HOMSELF BEKEND MAAK

David Wilkerson (1931-2011)

Die profeet Jesaja praat van die kerk net voor die terugkeer van Jesus. God se kinders sal nie swak wees, omrol van vrees en gespanne wees nie. Nee, hulle sal floreer en “die beste kos en wyn” nuttig. Die Here sê in wese vir ons, “Ek het die beste vir laaste gelos en nou giet Ek dit uit vir my kinders. Hulle geniet ‘n feesmaal van wonderlike dinge in my teenwoordigheid.”

“En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei ’n maaltyd van vetspyse, ’n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn” (Jesaja 25:6).

WAAROP BOU ONS ONS LEWENS?

Gary Wilkerson

“Lê dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei, as julle ten minste gesmaak het dat die Here goedertieren is. Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by God uitverkore en kosbaar is; en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ’n geestelike huis, ’n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.