Body

Afrikaans Devotionals

NOODSAAKLIKHEDE VIR VOLHARDENDE GEBED

Jim Cymbala

Vir ‘n gelowige om met vrymoedigheid van die Here te vra en te ontvang, moet hy die wette van gebed volg wat neergelê is deur die Vader. Hierdie riglyne word verspreid deur die bladsye van die Skrif gevind en gehoorsaamheid daaraan open die kanale van die Vader se gewillige hand na ons eie hande wat uitgestrek is in nood.

DIE PRYS VAN GEESTELIKE GESAG

David Wilkerson (1931-2011)

Om die soort dienskneg te word wat lewe met God se gesag vereis dat ons van aangesig tot aangesig kom met ons gewetens voor die oë van ons Vader. Wanneer ons voor die Here staan, word ons op ons knieë gedryf voor sy heilige teenwoordigheid.

Die apostel Paulus beskryf die soort dienskeg aan wie so ‘n gesag gegee word: “Maar ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, en ons wandel nie in listigheid of vervals die woord van God nie” (2 Korinthiërs 4:2).

DIE DUIWEL SE LEUENS OOR HOOP

David Wilkerson (1931-2011)

Wat kan God se kinders doen om die hart van God te beweeg in hierdie moeilike tye? Is die kerk magteloos om iets te doen? Moet ons sit en wag vir Christus se wederkoms of is ons geroepe om een of ander drastiese stap te neem? Wanneer alles rondom die wêreld bewe, met mense se harte wat beswyk van vrees, word ons geroep om geestelike wapens op te neem en oorlog te voer teen die vyand? Christus se volgelinge het sekerlik ‘n rol om te speel in hierdie donker tye, maar wat is ons versonderstel om te doen? Moet ons in lyn val met die res van die wêreld en óns deel van die stuk koek gryp?

KYK NA ONS GLORIERYKE KONING

David Wilkerson (1931-2011)

Dit lyk asof die hele wêreld tans bewe oor die huidige gebeur. Amper elke dag lyk dit of ons wakker word met nóg ‘n ontwikkeling wat ons in ons fondamente skud. Binne die afgelope jaar het die aarde rekordbrekende vloede, verwoestende brande wat hele dorpies uitgewis het, orkane en aardbewings beleef. En dan hoor ons van die vinnige, onbetwisbare sedelike verval van ons samelewing.

DIE WARE VREDE VAN CHRISTUS

David Wilkerson (1931-2011)

“Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle” (Johannes 14:27). Hierdie wonderlike woord van Jesus moes die dissipels verstom het. In hulle oë, was dit amper ‘n ongelooflike belofte: Christus se vrede sou húlle vrede word. Hierdie twaalf mans het hulle verwonder aan die vrede wat hulle in Jesus waargeneem het die afgelope drie jaar. Hulle Meester was altyd kalm, nooit bang nie, nooit omgekrap oor omstandighede nie. En nou het Jesus aan hulle presies dieselfde vrede belowe!

GOD SE WERK DEUR ONS BEPROEWINGS HEEN

Gary Wilkerson

“Daarin verheug julle jul, al word julle nou — as dit nodig is — ’n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge, sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus; vir wie julle, al het julle Hom nie gesien nie, tog liefhet; in wie julle, al sien julle Hom nou nie, tog glo en julle verbly met ’n onuitspreeklike en heerlike blydskap, en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry” (1 Petrus 1:6-9).

DIE STRYD WAT ELKE HEILIGE BELEEF

Carter Conlon

As ‘n ware volgeling van Christus in hierdie uur, sal jy moet baklei teen allerhande soorte stemme rondom jou – en jy sal stry in jou gedagtes. Elke heilige, sonder uitsondering, sal betrokke wees by hierdie geheime oorlog. Ons sien in die Skrif dat selfs Koning Dawid hierdie stryd van die gedagtes beleef het.

“O HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op … Maar U, HERE, is ’n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef…Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.

GEÏLLUSTREERDE PREKE

David Wilkerson (1931-2011)

Soos die wêreld een ramp na ‘n ander sien gebeur en onrus toeneem, beswyk “mense se harte…van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom” (Luke 21:26). Daar is baie profetiese waarskuwings oor sulke rampe – aardbewings, hongersnood, pestilensies – en belangstelling in die wegraping en eindtye neem toe. Maar, vir talle, is God heeltemal buite rekening gelaat. Gelowiges word opgewek om te bid en gereed te maak, maar sondaars lyk of hulle hul skouers oplig. Die goddelose luister eenvoudig net nie.

CHRISTUS SE BESORGDHEID OOR ONS IN ONS BEPROEWINGS

David Wilkerson (1931-2011)

God het geen behae in die beproewing van sy kinders nie. Die Bybel sê Christus is simpatiek teenoor ons in al ons beproewings, en het medelye met ons gevoelens van swakheid. In Openbaring 2:9 sê Hy vir die kerk, “Ek ken jou werke en verdrukking en armoede.” Hy sê in wese, “Ek weet waardeur julle gaan. Jy verstaan dit dalk nie, maar Ek weet alles daarvan af.”