Body

Afrikaans Devotionals

​HET JY KRAG NODIG?

Gary Wilkerson

“Is dít nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?” (Jesaja 58:6). God sê dat die vas wat Hy verkies, in ons eie harte begin. Ons moet onsself posisioneer om iets bonatuurliks van God te ontvang – vryheid van onderdrukking en slawerny van allerhande dinge.

VIR ALMAL WAT DAAR VER IS

Carter Conlon

“En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep” (Handelinge 2:38-39).

​ONS DIEN ‘N REGVERDIGE KONING

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here heers oor die hele skepping met majesteit en mag. Sy wette beheer die hele heelag – die  hele natuur, elke land, en al die sake van mense. Hy heers oor die seë, die planete, die hemelliggame en al hulle bewegings.

“Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies” (Psalm 66:7). “Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegrond ... Vas staan u troon van ouds af; van ewigheid af is U ... U getuieniss is baie betroubaar” (Psalm 93:1-2, 5).

GOD SE LIEFDE IS GROTER

David Wilkerson (1931-2011)

Ons hemelse Vader wil hê ons moet ‘n blywende versekering hê van sy liefde. Jesus het ons sonde probleem by Gólgota uitgesorteer en hoewel ons soms misluk, herinner die Heilige Gees ons voortdurend van die Vader se liefdevolle goedheid. Wanneer ons fokus op ons sonde, verloor ons alle visie van God die graagste wil hê: “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6).

DIEN JESUS SONDER VREES

David Wilkerson (1931-2011)

“Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het...dat ons, verlos uit die hand van ons vyande, Hom sonder vrees kan dien, in heiligheid en geregtigheid voor Hom, al die dae van ons lewe” (Lukas 1:68, 74-75).

​ONS SAL JESUS AANSKOU

David Wilkerson (1931-2011)

Hemel! Die belofte van die hemel is die kern van die evangelie, maar ons hoor deesdae nie veel oor hierdie blye onderwerp nie. Trouens, die Bybel sê nie veel oor hoe die hemel is nie. Jesus het nie by die dissipels gaan sit en die heerlikheid en majesteit van die hemel verduidelik nie. Hy het wel vir die rower aan die kruis gesê, “Vandag sal jy saam met My in die Paradys wees,” maar Hy het dit nie beskryf nie (Lukas 23:43).

GODDELIKE AANSTELLINGS

Gary Wilkerson

“En daar was ‘n man van Ethiópië, ‘n hofdienaar...wat...na Jerusalem gekom het om te aanbid. En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa” (Handelinge 8:29-30).

Hierdie Ethiópiër, wat eintlik die tesourier was vir Kandacé, koningin van Ethiópië, was by die tempel in Jerusalem om te aanbid, en het na ‘n nuwe lewenswyse gesoek. Hy het daarvandaan vertrek, steeds soekend, en het die Skrifte op sy wa gesit en gelees.

OORWIN DIE SADE VAN TWYFEL

David Wilkerson (1931-2011)

Johannes die Doper was ‘n man van die Woord. Hy het sy hele lewe deurgebring om die Skrifte te ondersoek met afsondering en bepeinsing van die wet. Hy het na Jesus gewys en gesê, “Dáár is die Lam van God” (Johannes 1:29). Hy het die Heilige Gees op Christus gesien neerdaal soos ‘n duif en het die Vader se stem gehoor sê dat Jesus sy eie Seun was. Johannes het homself in die tronk bevind, sy kragtige, gesalfde bediening kortgeknip deur die goddelose Koning Herodus (sien Lukas 3:19-20).