Body

Afrikaans Devotionals

ROEP UIT MET GELOOF

Gary Wilkerson

Wanneer God se teenwoordigheid in ‘n mens se lewe ontbreek, is dinge buite orde omdat daar geen wet, leiding of regverdige onderwysing is om te dien as riglyne om te leef nie. Elkeen maak sy eie wette en doen sy eie ding. Daar is geen rus of vrede nie want almal doen dit wat hy of sy ook al wil. Sulke wanorde bedroef die Here diep, maar dit hoef nie so te wees nie. Die teenwoordigheid van God bring orde en sy beloftes is onveranderlik. God se Woord belowe, “As jy My soek, sal Ek met jou wees. Wanneer jy uitroep, sal Ek deur jou gevind word.”

IS JY BESKIKBAAR OM DEUR GOD GEBRUIK TE WORD?

Nicky Cruz

Hoeveel van ons verstaan werklik wat dit beteken om deur die Gees van God te wandel, om met die passie van Jesus te leef, om God te vertrou met ‘n geloof wat ru en eg en kragtig is? ‘n Geloof wat geen perke ken en niks vrees nie? ‘n Geloof wat die duiwel in die oë kan kyk en sê, “Jy mag nie verder gaan nie! Jy het geen beheer oor my meer nie! Jy is swak en blootgestel en kragteloos!” ‘n Geloof wat enige berg kan beweeg, maak nie saak hoe hoog of breed of moeilik nie. Dit is die geloof wat God egter vereis van diegene wat sy krag wil beleef.

‘N ANKER VIR ONS GELOOF

David Wilkerson (1931-2011)

Een vers in God se Woord sal jou bewaar deur enige en alle gevaarlike tye as jy jou lewe daaraan sal verbind. Geliefdes, omhels hierdie een vers, glo dit ten volle en dit sal ‘n daaglikse kragbron van geloof wees:

“Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra” (Matthéüs 6:8).

TWEE PILARE VAN VREDE

David Wilkerson (1931-2011)

“U sal ’n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U ... Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit” (Jesaja 26:3,8).

As jy uitdagende dae beleef, wil Satan jou van alle hoop beroof deur jou met onheilspellende gedagtes te oorval. Jy kan vreesbevange raak as jy obsesseer oor onseker tye, of tyd mors om die toekoms te probeer uitpluis.

JOU VADER KOM SY BELOFTES NA

David Wilkerson (1931-2011)

Getsémané was die tuin waar Jesus gaan bid het toe sy beproewing verpletterend geword het en sy beker Hom oorweldig het. Dit was waar Hy sy diepste smarte voor die Vader uitgehuil het. En dit was ook waar Hy die stryd oor elke bose owerheid en mag gewen het.

Sommige Christene sê vandag: “Ons is nie 'n geslag van trane nie. Ons is geroep om fees te vier en is beveel om alles deur geloof in besit te neem. Ons kan die Woord spreek en elke berg sal verskuif word. Ons moet net God se goedheid bepeins.” Dit is die houding van die voorspoedige hedendaagse kerk.

UIT DIE DONKERSTE TYE

David Wilkerson (1931-2011)

Die profeet Jesaja waarsku ons dat God in die laaste dae die wêreld onderstebo gaan keer. Hy sê: “Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners” (Jesaja 24:1). Volgens hierdie profesie, kom daar skielike oordeel oor die aarde en dit sal alles verander binne 'n kort tydsbestek. Die mensdom sal beleef dat ‘n vinnige verwoesting oor ‘n stad en ‘n land kom, en die wêreld sal nooit weer dieselfde wees nie.

DROË SEISOENE

Carter Conlon

Voel dit asof dit ‘n lang tyd is sedert jy van die Here gehoor het? Lyk dit asof Hy stil is terwyl die vervulling van hierdie beloftes waaroor Hy eens met jou gepraat het nêrens in sig is nie? Miskien het jy met volle geloof begin, en God geglo toe Hy vir jou gesê het, “Ek gaan jou verlos. Ek gaan jou lewe gebruik tot my eer.” Toe Hy aanvanklik hierdie beloftes gespreek het, was dit die blydskap van jou hart en die sterkte van jou dae. Maar nou, te midde van God se stilte, wonder jy wat het gebeur met sy woord aan jou.

‘N LES VAN DIE VYEBOOM

David Wilkerson (1931-2011)

In die laaste dae van sy bediening, het Jesus tyd saam met sy dissipels deurgebring en hulle voorberei om die pilare van sy toekomstige kerk te word. Hulle was steeds “stadig om te glo,” manne met min geloof, en Jesus het hulle soms bestraf vir ongeloof. Hy het gesien daar was ‘n struikelblok in hulle harte wat verwyder moes word of hulle sou nooit kom in die openbaring wat nodig was om die kerk te lei nie.

HY HET DIE NEGE-EN-NEGENTIG VERLAAT

David Wilkerson (1931-2011)

“Watter man onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die negen-en-negentig in die woestyn staan en gaan agter die een aan wat verlore is totdat hy dit kry nie?” (Lukas 15:4). Jesus praat hier van ‘n skaap wat in die kraal was. Dit verteenwoordig duidelik ‘n lid van Christus se trop, een wat goed gevoed en gelei was deur ‘n liefdevolle herder. Maar hierdie skaap het afgedwaal sodat die herder daarna gaan soek het.