Body

Afrikaans Devotionals

‘N STRYD BEDOEL OM TE STRY

Gary Wilkerson

Die boek Job beskryf baie vrae wat hierdie lydende gelowige vir sy hemelse Vader gevra het tydens sy tyd van groot verdrukking. Waarom het hy deur soveel lyding gegaan? Waarom was sy lewe so betekenisloos nadat dit so vrugbaar en voorspoedig was? Wat was die doel met dit alles? God se reaksie op Job is kreatief en uniek omdat Hy hom antwoord met hierdie vraag: “Kan jy die krokodil [leviatan] met ‘n hoek uittrek?” (Job 40:20). In antieke tye, was ‘n leviatan ‘n groot seeskepsel, of selfs ‘n slangagtige watermonster en hier dui dit op ‘n stryd van mitiese proporsies.

DIE EEN WAT GEBED VERHOOR

Jim Cymbala

Benewens die beskrywing van God as Skepper, Trooster en Koning, noem die Bybel Hom ook die “Hoorder van Gebed.” Dit is een van die dierbaarste beskrywings van die Here in die Skrif maar die minste bekend:  “O Hoorder van die gebed, tot U moet alle vlees kom!” Of meer letterlik, “Hoorder van Gebed, na U sal alle mense kom” (Psalm 65:2).

GLO GOD SE BELOFTE VAN OORWINNING

David Wilkerson (1931-2011)

God het besluit om sy doel hier op aarde te bereik deur eenvoudige mense te gebruik. Een van die mees bemoedigende skrifte in die Bybel is 2 Korinthiërs 4:7: “Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.” Dan gaan Paulus verder om daardie erdekruike te beskryf – sterwende mense, in alles verdruk, verdwaas, vervolg, terneergedruk.

GEKWESTE TROTS

David Wilkerson (1931-2011)

Vir al die gepraat in die kerk van vergifnis, restitusie, en genesing, is daar baie min wat werklik gedemonstreer word deur Christene. Ons almal hou daarvan om aan onsself te dink as vredemakers, ophelpers van die gevallenes, en dat ons altyd vergewe en vergeet. Maar selfs die mees geestelikes is skuldig daaraan om nie die gees van vergifnis te toon nie.

WAT VERHINDER GOD SE WERK IN ONS?

David Wilkerson (1931-2011)

“Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon” (2 Krinthiërs 12:9). Die apostel Paulus het swak geword as gevolg van swaarkry en ellendes maar toe hy terneergedruk was, het hy nie moed verloor nie. Hy het gejuig in die proses om swak gemaak te word omdat dit die geheim was tot sy krag by Christus, en uit daardie swakheid het hy sterk geword.

WANNEER DIE KRUIS TE SWAAR IS

David Wilkerson (1931-2011)

Dit is baie waar wat Jesus vir sy dissipels gesê het,  “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg” (Lukas 9:23). Maar Jesus het onder die las van sy kruis geval, gedaan, uitgeput en kon dit nie nog een tree dra nie. Johannes het gesê, “En Hy het sy kruis gedra en uitgegaan na ... Gólgota (Johannes 19:17). Die Bybel sê nie vir ons hoe ver Jesus sy kruis gedra het nie, maar ons weet dat Simon van Ciréne verplig was om dit op te tel en dit na die plek van kruisiging te dra (sien Matthéüs 27:32).

KIES HERE, EK SAL VOLG

Gary Wilkerson

“En die woord van die HERE het vir die tweede maal tot Jona gekom en gesê” (Jonah 3:1). In die bekende verhaal van “Jona en die walvis,” het God Jona beveel om na die goddelose stad Ninevé te gaan en oordeel aan hulle te verkondig, maar Jona was ongehoorsaam en het van die stem van die Here af weggehardloop. In hierdie vers sien ons egter dat God se genade en barmhartigheid na hom uitgereik en hom ‘n tweede kans gegee het.

‘N YWER VIR CHRISTUS

Nicky Cruz

“Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins” (Filippense 1:21). O, as elkeen van ons tog die ywer kon hê wat Paulus gevul het om vir Christus te lewe. Eiehandig – deur die leiding van die Heilige Gees – het hy die Christendom oral in die Romeinse Ryk versprei. Hy het nie omgegee of hy geleef of gesterf het nie, maar wou net die koninkryk van God uitbrei.

WERKTUIE VAN GOD SE HEERLIKHEID

David Wilkerson (1931-2011)

God het jou nie vergeet nie! Hy weet presies waar jy is, waardeur jy gaan op hierdie oomblik, en Hy monitor elke stap op jou pad. Heel dikwels in krisistye, vergeet Christene dat God hulle in die palm van sy hand hou. In plaas daarvan, net soos die kinders van Israel, is hulle bang hulle gaan verwoes word deur die vyand. God moet dit moelik vind om te verstaan waarom sy kinders Hom nie vertrou wanneer hulle neerslagtig en in nood is nie. “Weet hulle nie hulle is in my handpalms gegraveer nie?

KAN CHRISTENE REIN BLY VANDAG?

David Wilkerson (1931-2011)

Is dit moontlik vir ‘n Christen om rein en skoon te bly in ‘n wêreld vol geweld, onsedelikheid, en korrupsie? Of is dit onvermydelik dat die gees van hierdie eeu die heiliges van God sal uitput en hulle siele tart? Dit het met Lot en sy familie gebeur in Sodom, en dit gebeur met menigtes Christene oral om die wêreld. Die oorweldigende versoekings van hierdie bose geslag het reeds baie Christene laat kompromieë maak en hulle laat oorgee aan goddelose praktyke.