Body

Afrikaans Devotionals

WERP JOU BEKOMMERNISSE OP GOD

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad” (Matthew 6:33-34).

Volhardende geloof is die toevertrou van alle dinge aan God se hande. Volhardende geloof sê vir die Here, “Ek werp elke gebeurtenis, elke bekommernis, in u hande. En ek hou U aan u belofte vas om alles wat U is daaraan te verbind – al u alwetendheid en almagtige krag – om my te bewaar.”

STRY TEEN ONGEWENSTE GEVOELENS

David Wilkerson (1931-2011)

Jou gevoelens affekteer sekerlik nie jou saligheid of jou verhouding met die Here nie. Hulle mag probeer om jou te beroof van jou vrede en blydskap in Christus; hulle mag selfs jou teister of beskuldig. Maar dit is tyd dat jy besef dat sekere onstellende gevoelens boodskappers van die vyand is, met die doel om jou terneer te druk met wanhoop en vrees.

DIE PRYS IS DIE MOEITE WERD

David Wilkerson (1931-2011)

“Laat ons ... met volharding die wedloop loop wat voor ons lê” (Hebrews 12:1). Die woord wedloop, dui op kompetisie. God se kinders word vergelyk met atlete in ‘n langafstand wedloop, wat om ‘n prys meeding – die prys is ‘n heerlike openbaring van die kennis van Jesus Christus.

Ons bederf die wedloop na die ewigheid wanneer God se kinders met mekaar meeding om sukses, voorspoed en eer. Christus word dan niks meer as die borg nie, omdat al die atlete daarop aanspraak maak om in sy Naam mee te ding.

GOD-GESTUURDE ONTWRIGTINGS

Gary Wilkerson

Het jy al ooit ‘n tyd in jou lewe beleef waartydens jy nie langer ‘n honger na die dinge van God ervaar het nie? Daardie passie, daardie beroering, daardie ywer om Hom te ken het afgestomp geraak omdat alles in jou lewe so gemaklik was; jou gedagtes besig met aardse dinge. As dit op jou van toepassing is, is dit tyd om deur God se lens van die ewigheid te kyk en iets te begryp van ‘n prentjie wat groter is as jouself. 

BEWYS VAN GOD SE GROOTHEID

Jim Cymbala

Die volgende keer wat jy ‘n onoorkomelike probleem het, sal ek jou aanbeveel om na die hemele te kyk op ‘n helder nag. Die bewys van God se grootheid is reg bokant jou kop. Wetenskaplikes sê daar is ongeveer 7,000 sterre sigbaar vir die blote oog, hoewel slegs ongeveer 2,000 hiervan op een tyd en plek gesien kan word. So selfs op die helderste nag kan jy minder as ‘n derde van die sterre sien wat sigbaar is vir mense rondom die wêreld.

RUS IN DIE LIEFDE VAN GOD

David Wilkerson (1931-2011)

Glo jy dat jou geloof swak is? Het jy pligsgetrou gebid oor ‘n behoefte en God geglo met jou hele hart dat Hy sou voorsien, en jy het nie gesien dat dit verhoor word nie? Jy lees die heerlike beloftes oor alle dinge wat moontlik is vir diegene wat glo; “En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo” (Matthéüs 21:22). “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry” (Markus 11:24). En jy het hierdie beloftes opgeëis!

VERTROU JOU VERSOEK AAN DIE HERE TOE

David Wilkerson (1931-2011)

Een van die redes waarom ons gebede dalk nie verhoor word nie, is omdat ons probeer om vir God voor te skryf hoe om dit te verhoor. En dit alles kom neer op gebrek aan vertroue. Die siel wat glo, nadat hy die laste in sy hart afgelaai het met gebed voor die Here, gee homself oor aan die getrouheid, goedheid en wysheid van God. Die ware gelowige sal die ontwikkeling van die antwoord oorlaat aan God se genade en hy sal verwelkom hoe God ook al kies om te verhoor.

WAT HET DIE HART VAN ‘N KONING VERANDER?

David Wilkerson (1931-2011)

Almal van ons weet wat verdrukking is, daardie tye van bekommernis en spanning wat ons in die nagte wakker hou. Dit kan so pynlik en verlammend wees dat ons slaap verloor weens benoudheid en angs. God gebruik dit om sy doel in ons lewens te bereik. Dawid skryf, “Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom” (Psalm 34:20). Jy sal egter verbaas wees om te weet dat God verdrukkings kan gebruik om sondaars, sowel as heiliges te genees.