Body

Afrikaans Devotionals

Werp Jou Laaste Afgode Neer

David Wilkerson (1931-2011)

Jabbok, die plek waar Jakob gestoei het met die Here en hy sy algehele oorgawe aan God gemaak het, is ‘n voorbeeld van die plek waar Christene hulle private oorloë voer. Daar is geen beraders, geen vriende, geen helpers nie – net jy en God.  By Jabbok, het Jakob sy laaste afgod neergelê het en sy grootste oorwinning behaal. En daar het hy sy nuwe karakter en sy nuwe naam – Israel – gekry.

Wat Breek die Hart van God

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het by die graf van Lasarus geween alhoewel Hy geweet het Hy sou hom binnekort opwek. Trouens, Hy het na Betanië gekom, spesifiek om hierdie rede. “Jesus het geween. Die Jode sê toe: Kyk, hoe lief Hy hom gehad het! En sommige van hulle sê: Kon Hy wat die oë van die blinde man geopen het, nie maak dat hierdie man ook nie gesterf het nie?” (Johannes 11:35-38).

Neem Oorwinning in Besit

David Wilkerson (1931-2011)

God terg nie sy kinders nie as Hy belowe, “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is” (Romeine 8:28). En Hy lieg nie as Hy belowe, “Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep ... Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede” (Psalm 34:16,18).

Die Slang in Jou Tuin

Gary Wilkerson

“Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed” (Génesis 1:31). In Génesis hoofstukke 1 en 2, lees ons van God se wonderlike skepping. Adam en Eva het soete gemeenskap met hulle Vader in die Tuin van Eden gehad – maar daar was ook ‘n slang in die Tuin. “Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het” (Genesis 3:1). Hierdie geslepe, bedrielike skepsel het Eva verlei, wat haar man in die plan ingebring het en hulle het toegegee aan sy stem.

Gaan Haastig in die Teenwoordigheid van God in

Tim Dilena

Nadat Josua die leierskap van die kinders van Israel by Moses oorgeneem het, het hy hulle in belangrike oorwinnings gelei – veral, Jerigo en Ai. Aangesien God baie verstommende wonderwerke vir die Israeliete verrig het, was Josua leierskap foutloos met die uitsondering van een baie swak oordeelsfout. Die slinkse Gibeoniete het saamgesweer en hom gemanipuleer om ‘n besluit te maak sonder om God daaroor te raadpleeg (sien Josua 9:3-13). “Toe neem die manne van hulle padkos; maar die mond van die Here het hulle nie geraadpleeg nie.

Oë Gevestig op Jesus

David Wilkerson (1931-2011)

“En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen. En die skuit was al in die middel van die see, geteister deur die golwe; want die wind was teen hulle” (Matthéüs 14:22-24).

Ons Word Wat Ons Aanskou

David Wilkerson (1931-2011)

Stéfanus het ‘n geopende hemel en ‘n verheerlikte Mens gesien op die troon, wie se heerlikheid in hom weerspieël was aan almal wat daar naby gestaan het. “Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan” (Handelinge 7:55-56).

‘n Stem in die Woestyn

David Wilkerson (1931-2011)

Johannes die Doper het sy bediening kort en onomwonde gedefinieer. Hy het gesê, “Ek is die stem van een wat roep in die woestyn” (Johannes 1:23). Hierdie dienskneg van die Allerhoogste wat, volgens die Skrif, die grootste was “onder die wat uit vroue gebore is” (Matthéüs 11:11), was die beste, mees geseënde van al die profete en ‘n gerespekteerde prediker van geregtigheid.

Laat die Stryd in God se Hande

David Wilkerson (1931-2011)

Die Here “wat die oorloë laat ophou” (Psalm 46:10). Watter welkome nuus aan die kind van God wat verpletter en verskeur is deur oorlogvoering. Die stryd in ons siel is sy stryd en net Hy alleen kan dit laat ophou. Ons liefdevolle Vader sal nie toelaat dat die vlees of die duiwel ons boelie totdat ons die aftog blaas nie.