Body

Afrikaans Devotionals

Wie Sal Ons Red?

Carter Conlon

“Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebreërs 4:16).

Die Here roep ons na die troon van genade, nie net wanneer ons voel ons het alles onder beheer nie, maar wanneer ons onsself in ‘n tyd van nood bevind. Hy roep ons nie in hierdie uur omdat ons sterk is nie, maar omdat Hy weet dat ons Hom nodig het, en omdat Hy begeer dat ons die werk, wat Hy ons uitgestuur het om te doen in hierdie geslag, sal afhandel.

Bewaar Jou Hart se Deur

David Wilkerson (1931-2011)

“Deur die geloof is Henog weggeneem om die dood nie te sien nie; en hy is nie gevind nie, omdat God hom weggeneem het; want voor sy wegneming het hy getuienis ontvang dat hy God behaag het. En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:5-6).

Oorvloedig in Die Hoop

David Wilkerson (1931-2011)

Ons dien ‘n God van hoop! Die Griekse woord vir “hoop”, is elpo, wat beteken “om met behaaglike vertroue en verwagting uit te sien.” Die Apostel Paulus het vir die Romeine geskryf, “En mag die God van die hoop julle vervul met alle blydskap en vrede deur die geloof, dat julle oorvloedig kan wees in die hoop deur die krag van die Heilige Gees” (Romeine 15:13).

Deur die Genade van God Alleen

Gary Wilkerson

“Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het, ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus — uit genade is julle gered — en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus, sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus” (Efésiërs 2:4-7). 

Waar Sal Jy Wees?

Tim Dilena

“Ons oog is net op God se wêreld ingestel. Dit wat ons vandag sien, is in elk geval môre nie meer daar nie. Hier hou niks vir ewig nie. Al wat vir altyd sal bly bestaan, is God se nuwe wêreld” (2 Korinthiërs 4:18, Die Boodskap).

Heilige Gees Oproermakers

David Wilkerson (1931-2011)

Vandag se kerk is vol stil heiliges wat nie golwe wil maak nie. Niemand wil immers moeilkheid hê nie! Maar sommige van die dissipels was groot oproermakers! Paulus en Silas het in die krag van die Heilige Gees gewandel en het “hulle lewe oorgegee ... vir die Naam van onse Here Jesus Christus” (Handelinge 15:26). Op een geleentheid, het Paulus, ‘n fortuinvertelster gekonfronteer, die duiwel uit haar gedryf en die hele stad in oproer gebring. Die slawe-eienaars van die verloste vrou het Paulus en Silas tot op die markplein gesleep om voor die owerhede tereg te staan.

Wag Gretig Op Jesus se Wederkoms

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus kom binnekort! “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ‘n geroep, met die stem van ‘n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde” (1 Thessalonicense 4:16-18).

Om die Stem van God te Hoor

David Wilkerson (1931-2011)

Een van die grootste seën wat ‘n ware gelowige kan hê, is om die stem van God te ken. Dit is moontlik om God se stem vandag te hoor net so seker as wat Abraham en Moses – so duidelik soos Samuel en Dawid – so seker as wat Paulus, Petrus en die apostels dit gehoor het.