“Want van hul kleinste tot hul grootste maak hulle almal onregverdige wins, en van die profeet tot die priester pleeg hulle almal bedrog ... Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het; tog skaam hulle hul nie in die minste nie” (Jeremia 6:13,15).
Diegene wat vashou aan ‘n onwrikbare geloof is in vir ‘n heerlike manifestasie van Christus se opstandingskrag. Slegs jy en die Here sal al die intieme werkinge ken maar Hy sal jou verbaas; Hy sal jou opgewonde maak; Hy sal jou sy heerlikheid wys!
Talle Christene het te doen met groot struikelblokke in hulle lewens. Dit kan ‘n werksverlies, ‘n spannende huwelik, ‘n siek geliefde, of ‘n kind wat met geloof sukkel wees. Maar dit maak nie saak hoe sleg dinge miskien lyk nie, God is in die lewens van diegene wat Hom liefhet en hulle vertroue in Hom stel.
Hoewel dit noodsaaklik is om die beginsels van regerende gebed te ken, sal begrip daarvan jou nie na ‘n deurbraak lei nie. Trouens, biddeloosheid bestaan dikwels saam met uitgebreide Bybelkennis. Slegs die Heilige Gees kan ons inspireer om effektief te bid, en Hy gebruik verskeie middele om hierdie doel te bereik.
Ons verwag dikwels dat God op een van twee maniere werk: óf deur ‘n bonatuurlike uitstorting van sy Heilige Gees om menigtes in sy koninkryk in te bring, óf deur oordeel te stuur om sy kinders op hulle knieë te dwing of selfs te vernietig. Maar, geliefde, dit is nie God se metode om dinge in ‘n goddelose tyd te verander nie. Sy manier van puinhope herbou, is nog altyd om gewone mans en vroue wat Hy aangeraak het, te gebruik. En Hy doen dit deur hulle met sy Heilige Gees te vul en hulle in die stryd in te stuur met groot geloof en krag!
Jesus het gesê, “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie” (Johannes 14:27).
Talle Christene het bekommerde harte en sommige leef in vrees, heimlik geteister deur paniek, onrus en slapelose nagte. Vir baie, kom en gaan vrede, en dit laat hulle bekommerd, rusteloos en voos van spanning. Sagaria het egter geprofeteer dat die Messias sou kom “dat ons, gered uit die hand van vyande, Hom onbevrees kan dien in vroomheid en opregtheid al die dae van ons lewe” (Lukas1:74-75).
“Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus, wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Moses ook in sy hele huis” (Hebrews 3:1-2).
Dawid erken God se groot genade toe hy gesê het, “Van u trou en u heil spreek ek; u goedertierenheid en u trou verberg ek nie vir die groot vergadering nie” (Psalm 40:11).
Dawid was dankbaar teenoor God vir so ‘n groot liefde, want hy was diep bewus van sy eie mislukkings. “My ongeregtighede het my ingehaal, en ek kan nie sien nie” (40:13). Dit maak nie saak hoe ernstig mense gesondig het nie, God se liefde bereik hulle steeds. Hy het sy Seun om hierdie rede as offer gestuur.
“’n Man van hoë geboorte het na ’n ver land gereis om vir homself ’n koningskap te ontvang en dan terug te kom” (Lukas 19:12).
Jesus vertel die gelykenis van ‘n man van adellike afkoms wat sommige van sy diensknegte met somme geld toevertrou het om te bestuur terwyl hy op reis was. Met sy terugkeer, het die meester die diensknegte gevra om rekenskap te gee om te evalueer hoe getrou elkeen in sy opdrag was.
My hart juig met die gedagte dat dwarsdeur die skriftuurlike geskiedenis, wanneer God iets deurslaggewends wou doen, het Hy dikwels die persoon gekies wat die minste in staat was om dit te laat gebeur. Toe Hy ‘n profeet na die volk wou stuur, het Hy gesoek na ‘n onvrugbare baarmoeder in ‘n vrou genaamd Hanna. Toe Hy sy volk uit die hande van die Midianiete wou verlos, het Hy aan Gideon verskyn – die geringste in sy vader se huis in die stam van Manasse.