Body

Afrikaans Devotionals

PLAAS DIE SAAK IN GOD SE HANDE

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het gesê, “En wie sy kruis nie neem en My nie volg nie, is My nie waardig nie” (Matthéüs 10:38). En ook, “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” (Matthéüs 16:24). Paulus het ook gesê, “Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld” (Galásiërs 6:14).

​SATAN SE OORLOG TEEN DIE KERK

David Wilkerson (1931-2011)

Die boek Openbaring sê vir ons dat in die laaste dae, sal Satan opstaan met woede en oorlog maak teen “die oorblyfsel.” Hierdie oorblyfsel, is natuurlik die Liggaam van Christus, wat bestaan uit almal “wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou” (Openbaring 12:17).

Ons in die kerk van Christus praat dikwels oor geestelike oorlogvoering; die stryd wat beskryf word in Openbaring is ‘n wêreldwye aanval wat Satan teen die Liggaam van Christus gerig het: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges” (13:7).

DIE HERE KOESTER SY KERK

David Wilkerson (1931-2011)

Job vra, “Wat is die mens, dat U hom so hoog stel en dat U op hom ag gee? En dat U hom elke môre soek, elke oomblik hom op die proef stel?” (Job 7:17-18, my beklemtoning).

Hebreërs 12:1 sê vir ons dat die wêreld omring is deur ‘n wolk van getuies wat saam met Christus in die hemel is. Waarvan getuig hierdie wolk – en vir wie is hulle getuienis bedoel? Hulle praat met ons geslag, deur hulle lewens en hulle woorde soos opgeteken in die Skrif. Ek glo hulle sal drie dinge vir ons sê:

ONBESKROOMD LIEFHÊ SOOS JESUS

Gary Wilkerson

Wanneer ons ons leefstyle beskou as Jesus volgelinge, moet dit inpas by die Nuwe Testament model. Christus het sy twaalf dissipels uitgestuur om die goeie nuus te verkondig, die siekes te genees, en gewillig werktuie te wees om sy koninkryk op aarde te vestig (sien Markus 16:15-18). Later, het Hy sewentig dissipels met dieselfde opdragte uitgestuur (sien Lukas 10:1-16). Hy het aan al hierdie groepe gesê, “Alles wat Ek julle geleer het – die evangelie te verkondig, die siekes te genees en my koninkryk te laat kom – moet julle in my Naam doen.

EENSAAMHEID IS UNIVERSEEL

Nicky Cruz

Ons moet onderskei tussen alleenheid, eensaamheid en afsondering. Alleenheid is ‘n toestand van fisiek afgeskei te wees van ander mense. Soms is familie, vriende en ander mense uit ons teenwoordigheid uit, maar net omdat ons alleen is, beteken nie noodwendig ons is eensaam nie. Ons aanvaar bloot hierdie tye en besef dat die lewe nie altyd vol mense kan wees nie.

​GEREED VIR DIE DAE WAT VOORLÊ

David Wilkerson (1931-2011)

“Maar die dag van die Here sal kom soos ‘n dief in die nag” (2 Petrus 3:10). God gebruik getroue dienaars – soms diegene op nasionale kansels en op ander tye nederige, onbekende, verborge wagte – om sy boodskap van waarskuwing te bring. Slegs diegene wat nie verlief is op hierdie wêreld en smag na die koms van die Here, sal in hulle harte met hierdie boodskap saamstem.

GOD IS VERBIND AAN SY WOORD

David Wilkerson (1931-2011)

Vrymoedigheid in gebed spruit uit die kennis van iets genaamd ‘n “bindende presedent.” As jy hierdie waarheid kan begryp, sal dit die manier waarop jy bid vir altyd verander. ‘n Presedent is ‘n “vorige saak” wat dien as ‘n voorbeeld vir daaropvolgende sake. En ‘n “bindende presedent” is ‘n wettige besluit wat in die verlede gemaak is en ‘n gesaghebbende beslissing word vir soortgelyke sake in die toekoms. Vir regters beteken dit dat hulle moet bly by ‘n besluit wat reeds gemaak is.

WAARHEEN GAAN JY AS JY BEKOMMERD IS?

David Wilkerson (1931-2011)

Jy mag moontlik tans ‘n goeie tydperk van voorspoed beleef – geen ernstige spanning, ontmoedigende toetse of ernstige pyn nie. Ek is dankbaar vir die Here dat Hy sulke tydperke in die lewens van sy kinders gee. Maar ons weet uit die Skrif dat storms en groot beproewings uiteindelik kom na almal wat waarlik alles vir Christus gegee het. “Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom” (Psalm 34:20).