Body

Afrikaans Devotionals

DIE HONGERSNOOD VEROORSAAK DEUR ONVERGIFNIS

David Wilkerson (1931-2011)

Vergifnis is nie ‘n eemalige daad nie, maar dit is ‘n manier van lewe met die doel om ons in al die seëninge van Christus in te bring. “Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is” (Matthéüs 5:44-45).

DIE HART VAN ‘N HERDER

Gary Wilkerson

Vir die grootste deel van my lewe het ek nogal ‘n verdraaide konsep van herders gehad. Toe ek Bybelstories gehoor het oor die herder Dawid, het ek my verbeel hy sit op ‘n rots, speel op sy harp en kyk hoe die skape saggies rondom hom wei. Maar ek het heeltemal ‘n ander prentjie gekry toe ek hulle eerstehands in Romenië dopgehou het ‘n paar jaar gelede. Hierdie hardwerkende mans was heeltyd besig om te soek na plekke met vars gras om te eet en water om te drink.

BEGEER JY OM DEUR GOD GEBRUIK TE WORD?

Carter Conlon

Hierdie is tye waarin ‘n mens, of miskien baie mense, bewus word van God se gewilligheid om te herstel en te genees. Hulle verstaan sy gewilligheid om ons te neem, nie in ons krag nie, maar in ons swakheid. Die Skrifte sê immers nie vir ons om te kom na die troon van God wanneer ons sterk is nie; eerder, ons moet kom wanneer ons swak is. “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Hebreërs 4:16).

‘N WAARSKUWING TEEN ‘N AFGEWATERDE EVANGELIE

David Wilkerson (1931-2011)

Die een groot besorgheid van ons hemelse Vader is dat geen “ander evangelie” ons sal wegneem van die kruis van Jesus Christus nie. Talle Christene het hulle geloof laat skipbreuk ly omdat hulle jare gelede ‘n vleiende woord gegee is, miskien iets soos die volgende: “Jy gaan ‘n groot bediening hê en duisende siele vir die Here wen,” en nie een woord daarvan het waar geword nie. Nou is daardie skape totaal moedeloos, met hulle geloof op die ashoop.

ONKUNDIG OOR DIE KRAG VAN GOD SE GEES

David Wilkerson (1931-2011)

Ons kan dikwels iets waardevols besit sonder om die waarde of betekenis daarvan volkome te besef. Die storie word vertel van ‘n boer wat sy hele lewe lank gewerk het op sy plasie en die klipperige grond jaar na jaar omgeploeg het. Met sy dood, was die grond nagelaat aan sy seun wat voortgegaan het om die grond om te ploeg – maar die seun het ‘n goudgestreepte klont in die grond gekry. Die grond was vol goud en hy het onmiddellik ‘n skatryk man geword. Maar daardie rykdom was verlore vir sy vader, hoewel dit op die land was sy hele lewe lank.

LEER JOU OOR OM CHRISTUS SE STEM TE HOOR

David Wilkerson (1931-2011)

God praat steeds met sy kinders vandag. En Hy praat so duidelik as wat Hy het in die Ou Testament, of met die apostels, of met die vroeë kerk. Ons moet egter een ding besef: God kies om te praat slegs met diegene wat ore het om te hoor.

Markus sê vir ons Christus “het hulle baie dinge geleer deur gelykenisse” (Markus 4:2). In hierdie gedeelte, vertel Jesus die gelykenis van die man wat saad in ‘n land gesaai het. Toe Hy egter die storie klaar vertel het, was die skare verbyster en het gewonder, “Wie is hierdie saaier wat Hy beskryf? En wat verteenwoordig die saad?”

DIE EERSTE WERK VAN DIE HEILIGE GEES

David Wilkerson (1931-2011)

Die profeet Jesaja profeteer wat gebeur wanneer die Heilige Gees op ‘n volk val. “Totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn ‘n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir ‘n bos gereken” (Jesaja 32:15). Hy sê in wese, “Wanneer die Heilige Gees kom, word dit wat eens ‘n dorre woestyn was ‘n oesland. ‘n Onvrugbare stuk grond loop skielik oor met vrugte en daardie vrugteboord sal groei tot ‘n bos; jy sal kan pluk van daardie bos jaar na jaar en voortdurend toeneem in jou vrugbaarheid.”

JOU STRYD IS NIE GROTER AS GOD SE GENADE NIE

Gary Wilkerson

Ons kan nie die evangelie verstaan tensy ons die glorieryke natuur van ons ontsagwekkende God ken nie. “Verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet” (Efésiërs 1:18).

Die evangelie begin nie deur te erken dat jy ‘n sondaar is of besef dat God ‘n wonderlike plan met jou lewe het nie. Dit begin met begrip van die genade van ons glorieryke Vader.

UIT DIE WOESTYN GELEI

David Wilkerson (1931-2011)

Vandag dra talle diensknegte van God swaar laste en God wil almal herinner, “My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop” (Jesaja 51:5).

God sê in wese, “Ek het reeds die woord van jou verlossing gespreek – Ek het dit in my verbondsbeloftes uitgevaardig – en Ek het my magtige arm uitgestrek om jou uit jou woestyn belewenis uit te haal. Waarom eis jy nie op wat Ek uitgevaardig het en lewe in die lig van my vryheid, blydskap en vrede nie?

DIE VYAND AAN ALLE KANTE

David Wilkerson (1931-2011)

Satan mislei talle in Christus se Liggaam en veroorsaak wanhoop en verwarring, en hy word nie teëgestaan in God se huis nie. Waarom is dit so? Vandag fokus te veel preke daarop om die behoeftes van mense aan te spreek as om ‘n seëvierende lewe in Christus te lewe. Predikers verkondig hoe-om planne om net deur te kom en verwaarloos heeltemal die hemelse posisie wat aan ons gegee is in Christus. Hierdie wêreld was inderdaad nog altyd in die moeilikheid, wat beteken God se kinders het nog altyd ‘n vyand gehad wat van alle kante af kom.