Body

Afrikaans Devotionals

GOD SE SEËN IS ONOORWINLIK

Jim Cymbala

Ek is oortuig daarvan dat God van voorneme is om sy seëninge te gee aan elke kerk en elke gelowige wat ernstig daarvoor bid.

Ons sien in die Bybel dat God se seën ‘n weerspieëling is van sy ontsaglike liefde vir sy skepping. Hoewel dit wesenlik onsigbaar is, is sy seën onoorwinlik en dit seëvier oor alles wat die aarde of die hel daarteen kan stuur. Hierdie seën spruit uit die antieke instruksies wat God vir Moses gegee het om uitgevoer te word deur die hoëpriester van Israel:

‘N PLEK VAN VOLKOME RUS

David Wilkerson (1931-2011)

Daar bestaan ‘n plek in Christus waar daar geen vrees oor die toekoms is nie, geen vrees vir rampspoed, verdrukking of werkloosheid nie. En daar is geen vrees vir faal of jou siel verloor nie. Hierdie plek van algehele vertroue in God se getrouheid word genoem ‘n plek van volkome rus deur die skrywer van Hebreërs.

‘N LEWE WAT SATAN NIE KAN VERNIETIG NIE!

David Wilkerson (1931-2011)

Terwyl Jesus stil in die graf gelê het ná sy kruisiging, het Satan en sy hordes gespog. Hulle het gedink hulle het ‘n onomkeerbare oorwinning behaal, maar in die tussentyd was God besig om sy voorafbepaalde plan in werking te stel – ‘n plan vir die opstandingslewe!

Die Here het sy Heilige Gees afgestuur tot in die buik van die hel en daar het die Gees Jesus se liggaam verkwik en Hom uit die dood opgewek. Toe het ons geseënde Verlosser uit die graf opgestaan, dwarsdeur die dik klip. En Hy het daar uitgekom met hierdie getuienis:

IS ONS GEWILLIG DAT ONS GELOOF GELOUTER WORD?

David Wilkerson (1931-2011)

Geliefde, die Here soek na ‘n volk wat Hom volkome sal vertrou. Die Here het ons nie gered, sodat ons bloot kan voortgaan om sy goedheid, genade en heerlikheid eindeloos te geniet nie. Hy het ‘n ewige doel gehad toe Hy elkeen van ons gekies het. En daardie doel strek verder as ons seëninge, gemeenskap en openbaring. Trouens, God reik steeds uit na die verlore mensdom en Hy soek na ‘n gelowige volk wat Hy kan verander in sy grootste evangelisasie-instrument.

RADIKALE, ONTWRIGTENDE GEBED

Gary Wilkerson

In die Bergpredikasie (Lukas 6:20-22), gee Jesus ‘n lys eienskappe of aktiwiteite waarvoor ‘n mens geseën sal wees. Hy praat van diegene wat sagmoedig is, diegene wat arm van gees en diegene wat vredemakers is. Die lys het bekend geword as “die saligsprekinge.” Die saligsprekinge het egter nie ingesluit, “Geseënd is die ontwrigters, want hulle sal nie magteloos gemaak word nie.”

​NEDERIGHEID VOOR DIE BELOFTE

Carter Conlon

Op Pinksterdag, het Petrus gepreek, “Bekeer julle, en laat  elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus” (Handelinge 2:38). Met ander woorde, “Lê neer jou ou manier van lewe en al jou eie pogings om heilig in jou eie krag te wees. Lê neer die fasade van ‘n Christen wees en beklee jou met Christus. En jy sal die gawe van die Heilige Gees ontvang, want die belofte is vir jou!”

WAAROM WAS JESUS WEGGELEI NA ‘N WOESTYNBELEWENIS?

David Wilkerson (1931-2011)

“Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel” (Matthéüs 4:1). Wat ‘n ontsaglike vers. Matthéüs sê met vrymoedigheid dat God se Gees Christus in ‘n woestynbelewenis ingelei het, waar Hy ernstige versoekings moes beleef. Dit is selfs nog meer verstommend dat hierdie vers direk volg op ‘n toneel van groot heerlikheid toe Jesus pas gedoop is in die Jordaanrivier. Toe Hy uit die water opgekom het, het die hemel geopen en die Gees van God het soos ‘n duif op Hom neergedaal en op sy skouer gaan sit.

VYF ALGEMENE HINDERNISSE VIR SEËVIERENDE GEBED

David Wilkerson (1931-2011)

Dwarsdeur die Bybel, word God se kinders beveel om te alle tye te bid – in goeie en slegte tye. Maak nie saak wat ons situasie of toestand is nie, ons moet bid sonder ophou. “Wees altyddeur bly. Bid sonder ophou, Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle” (1 Thessalonicense 5:16-18).

“SOOS EEN WAT GESAG HET”

David Wilkerson (1931-2011)

Nadat Jesus die Bergpredikasie gelewer het, was sy hoorders in verwondering. Die Skrif sê, “En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie” (Matthéüs 7:28-29). Die Griekse woord vir gesag in hierdie vers beteken “met meesterskap, met mag, soos een in beheer.” Jesus se hoorders het in wese gesê, “Hierdie man praat asof Hy weet waarvan Hy praat.”