Na Ons Hemelse Tuiste Verlang
Ek bely teenoor jou dat daar een ding is wat ek meer vrees as enige ander ding in my lewe: die sonde van hebsug, 'n liefde vir die dinge van hierdie wêreld, 'n begeerte na meer en beter materiële besittings.
Hebsug het die harte van baie Christene verslaaf. Mense kan blykbaar nie genoeg kry nie en hul skuld hoop op. Hulle dink ons land se welvaart sal nooit ophou nie. Amerikaners het mal geword van begeerte. Ons is nou op 'n bestedingstog wat kenners verstom.