Body

Afrikaans Devotionals

Die Vrede van God in Jou

David Wilkerson (1931-2011)

'n Christenvrou het my onlangs met 'n taamlik emosionele uitdrukking genader en my gevra of ek die jongste nuusberig oor die omwenteling in Pakistan gehoor het. “Kan jy glo wat aan die gebeur is?” sy het gevra. “Elke dag is 'n slegte nuusdag. Pakistan het kernkragkapasiteit. Terroriste kan oorneem en een of ander mal Ajatolla kan ons in kernoorlog dompel.” Sy het haar kop geskud en gesê: “Ek is regtig bang. Dinge raak buite beheer.”

Die Een Wat die Sleutels Het

David Wilkerson (1931-2011)

Daar, reg voor jou, is 'n deur wat skynbaar heeltyd gesluit is. Hierdie geslote deur waarvan ek praat, is een of ander saak, situasie of behoefte waaroor jy al lank bid. Dit kan 'n krisis wees wat niks minder as 'n wonderwerk verg nie. Ek weet nie wat jou geslote deur kan wees nie, maar jy het gebid vir die deur van geleentheid om oop te gaan, maar dit lyk egter of alles wat jy probeer, misluk. Die deure gaan eenvoudig nie oop nie.

Erken God se Beloftes

Gary Wilkerson

Ek weet wat dit is om die belofte van God te hoor dat jy 'n oorwinnende, seëvierende lewe sal hê en ek weet wat dit is om daardie belofte nie vervul te sien nie. In daardie oomblikke voel ek verslaan, oorweldig en moedeloos as gevolg van die vyand.

Kies die Fontein van die Lewe

Keith Holloway

Jeremia was jonk, net omtrent 20 jaar oud, toe God hom 'n profetiese roeping gegee het. Hy het daardie roeping ingegaan soos baie van ons in ons jeug doen, sonder om regtig te weet wat die jare wat voorlê sou inhou. Al wat hy geweet het, was dat hy 'n verhouding met God gehad het. Hy het sy lewe aan die Here oorgegee. Hy het gesê: "Nie my wil nie, maar u wil geskied." Hy sou in die rol van 'n profeet dien.

Hoop in Seisoene van Lyding

David Wilkerson (1931-2011)

Ek het 'n boodskap vir diegene wat 'n pynlike, oorweldigende situasie beleef. Ek praat nie met diegene wat nou 'n tyd van rus, weg van lyding af geniet en nie nou enige soort pyn of hartseer ly nie. Dank God vir daardie tye van stille rus.

Die Tere Aanraking van Jesus

David Wilkerson (1931-2011)

Iemand wat hierdie lees, het 'n aanraking van Jesus nodig. Toe die Here hier op aarde gedien het, het Hy gegaan om die bedruktes te genees en te herstel deur bloot aan hulle te raak. Toe Jesus Petrus se skoonma aangeraak het, het haar koors haar liggaam verlaat (sien Lukas 4:38-40). Hy het aan die kis van 'n dooie kind geraak, en die seun het lewendig geword. Hy het die oë van blindes aangeraak, en hulle kon sien. Hy het aan die oor van 'n dowe man geraak wat toe kon hoor.

Die Krag van die Here

David Wilkerson (1931-2011)

Die Heilige Gees het my aangespoor om Exodus 12, wat die verslag bevat van Israel se bevryding uit Egipte, te lees.

Op die deur van elke Israelitiese huis, was die bloed van 'n lam aan die twee syposte en latei gesmeer. Dit was om God se volk te beskerm teen die verbygaande doodsengel. Toe die dag aanbreek, het 'n menigte Israeliete uit ballingskap opgetrek, omtrent 600 000 mans plus vroue en kinders. “…op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek” (Exodus 12:41, AFR53).

Gryp God se Plan vir Jou Aan

Gary Wilkerson

Toe ek ses jaar oud was, het ek my pa hoor preek. Daar was ongeveer 7 000 mense bymekaar, amper almal tieners; dit was die Jesus-beweging in die Verenigde State genoem. Hulle was langharige hippies, bendelede en dwelmverslaafdes; en hulle het hierdie arena gevul. Aan die einde van my pa se preek het hy 'n uitnodiging gegee om na Christus te kom en al hulle dwase, goddelose weë te laat staan.

Mense het begin om dagga, sakke heroïen, naalde en selfs gewere op die verhoog te gooi. Hulle het woorde geskree soos: "Ek wil hê my lewe moet verander!"