Body

Afrikaans Devotionals

Nie Ons Melkskommel en Slaptjips Nie

Tim Dilena

‘n Paar jaar gelede het ek saam met my jongste kind gery. Dit was net ek en sy, en as jy by Pa is, kan jy soms goed doen waarvan Ma nie hou nie en daarom het sy my gevra: "Sal Pa vir my slaptjips en 'n vanieljeskommel by McDonald's kry?"

“Sekerlik,” het ek gesê. “Dis net een keer.” Ons het die slaptjips gekry en sy het agter gesit terwyl daardie reuk bedwelmend was en toe sê ek: "Haai, kan ek 'n paar van daardie tjips kry?"

"Glad nie."

Ek het gesê: "Gee my net 'n tjip. Net een."

‘n Boodskap vir die Moedeloses

David Wilkerson (1931-2011)

Soveel benoudheid, beproewing en hartseer word veroorsaak deur krankheid, siekte en rampspoed. Daar is soveel lydende gelowiges in die wêreld. Die Bybel sê wel vir ons: “Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige...” Die volgende frase in hierdie vers verander die betekenis heeltemal: “...maar uit dié almal red die HERE hom” (Psalm 34:20, AFR53).

Die Vrug van ‘n Lewe van Gebed

David Wilkerson (1931-2011)

Om ’n lid van God se ware kerk te wees, moet jy geken word deur die naam Jehovah Shammah: “Die HERE is daar” (sien Eségiël 48:35). Ander moet van jou kan sê: “Dit is vir my duidelik dat die Here met hierdie persoon is. Elke keer as ek hulle sien, voel ek die teenwoordigheid van Jesus aan. Hulle lewe weerspieël waarlik die heerlikheid van God.” As ons eerlik is, moet ons erken ons voel nie baie dikwels die Here se lieflike teenwoordigheid in mekaar nie. Hoekom nie?

Die God Wat Vergewe

David Wilkerson (1931-2011)

Op die oomblik voer jy dalk 'n verlore stryd teen een of ander soort versoeking. Wat ook al jou stryd is, jy is vasbeslote om nie die Here te verlaat nie. Jy weier om jouself oor te gee aan sonde se greep. In plaas daarvan, het jy God se Woord ter harte geneem.

Maar, soos Dawid, het jy moeg geword. Nou het jy by 'n punt gekom waar jy absoluut hulpeloos voel. Die vyand oorval jou met wanhoop en leuens.

Genesing aan die Herders se Sy

David Wilkerson (1931-2011)

Ons is almal bekend met Psalm 23. Die vertroostende boodskap daarvan is welbekend selfs onder nie-gelowiges. Hierdie bekende psalm is deur koning Dawid geskryf en die bekendste gedeelte is in die openingsvers: “Die HERE is my herder; niks sal my ontbreek nie.”

Die Hebreeuse woord wat Dawid vir “ontbreek” in hierdie vers gebruik, dui op gebrek. Dawid sê, met ander woorde: "Ek sal niks kortkom nie." Wanneer ons hierdie betekenis met die eerste deel van die vers kombineer, sê Dawid in wese: “Die Here lei, wys en voed my. Daarom kom ek niks kort nie.”

‘n Ware Lewe Leef

Jim Cymbala

Terwyl TV-evangelis bedrieërs mense vir geld melk, sou enige crack-verslaafde daarna kyk en sê: "Jy maak seker ‘n grap? Hy is besig met 'n bedrogspul.” Intussen skryf Christene tjeks uit en sê: "Aan wie maak ek dit uit?" Dit behoort nie te wees nie, en tog gebeur dit so dikwels.

Volkome Afhanklik van Hom

David Wilkerson (1931-2011)

God het die volkie Israel geneem en hulle in 'n woestyn afgesonder. Hy het hulle in 'n skool van beproewing geplaas om 'n volk te maak wat Hom sou vertrou, ongeag die omstandighede. Hy wou hê Israel moes getuig: “Ek kan deur enige beproewing gaan, enige moeilikheid, selfs dié bokant my vermoë. Hoe? Ek weet dat my God met my is in elke beproewing. Hy sal my altyd deurdra.”

Ware Rykdom in ‘n Leë Wêreld

David Wilkerson (1931-2011)

Niemand op aarde kan jou in die bediening aanstel nie. Jy kan 'n diploma ontvang by 'n kweekskool, georden word deur 'n kerkvader of in opdrag van 'n denominasie staan; maar die apostel Paulus openbaar die enigste bron van ‘n ware oproep tot die bediening: “En Ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag het en in die bediening gestel het” (1 Timótheüs 1:12, AFR53).

Die Kuns van Tevredenheid

David Wilkerson (1931-2011)

Tevredenheid was 'n groot toets in Paulus se lewe. God het immers gesê dat Hy hom kragtig sou gebruik: "Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel" (Handelinge 9:15, AFR53). Toe Paulus die eerste keer hierdie opdrag ontvang het, het hy “dadelik Christus in die sinagoges verkondig dat Hy die Seun van God is” (Handelinge 9:20).