Ek en Gwen het onlangs met 'n godvresende vrou gepraat wat die einde van haar uithouvermoë bereik het. Hierdie vrou se familie het ongelooflike lyding beleef. Sy het eindelose ure deurgebring om te bid en die Here aan te roep.
Hierdie woorde van Jesus raak my siel aan: “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het” (Matthéüs 6:31-32).
'n Vriend van my wou aanbouings doen by sy kerk, maar hy moes eers toestemming kry van 'n meerderheid van die woonbuurt binne area van drie blokke. Hy het van deur tot deur gegaan met 'n opname en byna elke buurman het gesê: "Natuurlik, kan julle aanbou. Ons woon al 10 jaar langs julle en julle het ons nog nooit een keer gepla nie.”
Slegs twee blokke verder het iemand vir hom gesê: “Sekerlik. Ons het nooit eers agtergekom dat julle daar was nie.” Hy was geskok omdat hy besef het dat sy kerk net 'n impak gehad het op hulle wat dit bywoon.
As ek oor Psalm 71 peins, dink ek dadelik aan my vrou Chantal. Ek het vir etlike dekades gesien hoe Chantal haar pa en ma verskeie kere elke week bel. Sy het hulle gereeld besoek, goed vir hulle gesorg en by hulle gebly tot hul laaste asem. Sy was nog altyd 'n rolmodel vir my wanneer dit kom by die versorging van ouers in hul uitdagings en pyn aan die einde van die lewe.
Ek peins die afgelope paar dae oor Psalms 142 en 143. Ek was geïnteresseerd in wat koning Dawid deurgemaak toe hy gesê het: “As my gees in my versmag, dan ken Ú my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle ‘n vangnet vir my gespan. Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie” (Psalm 142:4-5, AFR53).
Dawid het eintlik tot die Here geroep: “Luister na my smeking, want ek is baie swak ... Lei my siel uit die gevangenis” (Psalm 142:7-8).
Die rede waarom ek hierdie skryf, is om jou te herinner dat die stryd wat jy beleef, nie joune is nie, maar God s'n. As jy ’n kind van Hom is, kan jy seker wees dat Satan “teen jou sal woed”.
'n Christenvrou het my onlangs met 'n taamlik emosionele uitdrukking genader en my gevra of ek die jongste nuusberig oor die omwenteling in Pakistan gehoor het. “Kan jy glo wat aan die gebeur is?” sy het gevra. “Elke dag is 'n slegte nuusdag. Pakistan het kernkragkapasiteit. Terroriste kan oorneem en een of ander mal Ajatolla kan ons in kernoorlog dompel.” Sy het haar kop geskud en gesê: “Ek is regtig bang. Dinge raak buite beheer.”
Daar, reg voor jou, is 'n deur wat skynbaar heeltyd gesluit is. Hierdie geslote deur waarvan ek praat, is een of ander saak, situasie of behoefte waaroor jy al lank bid. Dit kan 'n krisis wees wat niks minder as 'n wonderwerk verg nie. Ek weet nie wat jou geslote deur kan wees nie, maar jy het gebid vir die deur van geleentheid om oop te gaan, maar dit lyk egter of alles wat jy probeer, misluk. Die deure gaan eenvoudig nie oop nie.
Ek weet wat dit is om die belofte van God te hoor dat jy 'n oorwinnende, seëvierende lewe sal hê en ek weet wat dit is om daardie belofte nie vervul te sien nie. In daardie oomblikke voel ek verslaan, oorweldig en moedeloos as gevolg van die vyand.