Body

Afrikaans Devotionals

Om ‘n 5,000 Dollar Lewe te Leef

Tim Dilena

Eendag terwyl ons in Detroit gebly het, het ons ‘n klop aan die deur gerky. Dit was rolprentmakers vir S.W.A.T. II, en hulle het vir ons gesê: “Ons wil graag jou huis in die toneel hê. Die akteurs wat voorgee om die ‘eienaars’ van jou huis te wees, sal buite op die sypaadjie staan. Niemand sal jou huis binnegaan of enigiets nie. Maar ons sal jou graag daarvoor wil betaal.”

Ek het gesê: “Dit is wonderlik! Sekerlik!”

Om Ons Groot Afgod te Onttroon

David Wilkerson (1931-2011)

Die kerk soos ons dit vandag ken, het met bekering begin. Toe Petrus die kruis verkondig het by Pinster, het duisende hulle tot Christus bekeer. Hierdie nuwe kerk het bestaan uit een liggaam, uit alle rasse, vol liefde vir mekaar. Die korporatiewe lewe was gekenmerk deur evangelisasie, ‘n gees van opoffering en selfs martelaarskap.

‘n Uitnodiging en ‘n Waarskuwing

David Wilkerson (1931-2011)

Jesus het in die tempel gestaan en uitgeroep: “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos ‘n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!” (Matthéüs 23:37, AFR53). Terwyl ek dit lees, kom ‘n vraag by my op: In die Nuwe Testament, sou God ‘n mens verwerp wat sy offers van genade, barmhartigheid en ontwaking verwerp?

‘n Woord Is Aan Ons Gegee

David Wilkerson (1931-2011)

Ons leef in 'n tyd van die grootste evangelie-openbaring in die geskiedenis. Daar is meer predikers, boeke en gospel-media as ooit tevore. Tog was daar ook nog nooit meer benoudheid, beproewing en onrustige gemoedere onder God se kinders nie. Herders ontwerp vandag hul preke net om mense op te tel en hulle te help om wanhoop te hanteer.

Waarom Buig My Siel Hom Neer?

David Wilkerson (1931-2011)

Oor en oor, vra die Psalmdigter: “Waarom buig my siel hom neer? Ek voel nutteloos en verlate. Daar is soveel onrustigheid in my. Waarom Here? Waarom voel ek so hulpeloos in my verdrukking” (Sien Psalm 42:12 and Psalm 43:5.) Hierdie vrae verteenwoordig menigtes wat die Here liefgehad en gedien het.

Maak Die Aanklaer se Stem Stil

Gary Wilkerson

Meer as 2 000 jaar gelede, het Jesus die belofte wat in Genesis gemaak is, ‘n werklikheid gemaak. Hy het die aanklaer se kop kom vermorsel.

Baie van julle in hierdie vertrek word tans beskuldig. Word jy ooit om 3:00 in die oggend wakker en voel jy die las van daardie beskuldiging? Dit is die vreemdste ding. Ek word amper elke aand wakker, maar baie keer wanneer ek in die middel van die nag wakker word, word my gedagtes op ‘n manier oorstroom met hierdie vryswewende angs, die gevoel van “Man, ek dink ek het iets verkeerd gedoen.”

My Belofte is Al wat Jy Nodig het

David Wilkerson (1931-2011)

Soms kan die oomblikke van ons lewens wat lyk asof hulle ons helderste moet wees, vir ons die grootste verdrukking en toetsbeproewinge bring. Geloof, veral in hierdie tye, is baie veeleisend. Dit vereis dat sodra ons God se Woord hoor, ons dit gehoorsaam. Dit maak nie saak hoe groot ons struikelblokke mag wees nie, hoe onmoontlik ons ​​omstandighede is nie. Ons moet God se Woord glo en daarvolgens handel. Die Here sê: "My belofte is al wat jy nodig het."

Om vir Beloftes deur Geloof te Wag

David Wilkerson (1931-2011)

As God vir die mensdom sê: “Glo”, dan vra Hy iets wat heeltemal buite rede is. Geloof is totaal onlogies. Die definisie daarvan het te doen met iets onredeliks. Die Skrif sê vir ons: “Die geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebreërs 11:1, AFR53). Daar word kortliks aan ons gesê: "Daar is geen tasbare dinge, geen sigbare bewyse nie." Ten spyte hiervan word ons gevra om te glo.

‘n Toenemende Uitstorting

David Wilkerson (1931-2011)

In die laaste dae, sal die kerk van Jesus Christus glorieryker en meer seëvierend wees as in sy hele geskiedenis. Die Here se ware liggaam gaan nie verswak of stotter nie. Nee, sy kerk sal uitgaan met ‘n gloed van krag en heerlikheid, en dit sal die volste openbaring van Jesus hê as wat enigeen ooit geken het.