Body

Afrikaans Devotionals

Goddelike Seën

Gary Wilkerson

Die Skrif getuig daarvan dat daar ‘n honger na die ongekompromitteerde genade van Christus oor die hele wêreld bestaan. Lukas skryf dat toe Jesus die Bergrede gepreek het, was daar duisende “wat gekom het om Hom te hoor en van hulle kwale genees te word” (Lukas 6:18). Hierdie skares het gekom omdat hulle gehoor het van ‘n man van genade man wat hulle sou genees.

Ons Behoeftes in God se Hande Oorgee

David Wilkerson (1931-2011)

“In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag” (Jesaja 30:15).

Die Heilige gee ons krag wanneer ons al ons behoeftes in God se hande oorgee en op sy krag vertrou. Ons sien ‘n voorbeeld van hierdie soort vertroue in ‘n Moabitiese vrou genaamd Rut. Nadat haar man gesterf het, het Rut saam met haar skoonmoeder, Naomi, wat bejaard en ook ‘n weduwee was, na die land Juda gereis. Die twee vroue het saam in armoedige omstandighede geleef en Naomi het bekommerd geraak oor Rut se welstand.

Openbarings in Jou Donkerste Uur

David Wilkerson (1931-2011)

Dwarsdeur die Skrif, deel God sy genade uit deur middel van openbarings tydens ons beproewings wat ons nooit in ons goeie tye sou verstaan nie. God se goedheid kom na sy kinders in tye van moeilikheid, rampe, isolasie en swaarkry. Byvoorbeeld, die dissipel Johannes was “in Jesus se boesem” vir drie jaar lank. Dit was ‘n tyd van die grootste rus, vrede en blydskap. Maar in al daardie tyd, het Johannes bitter min openbaring ontvang. Hy het Jesus slegs as die Seun van God geken. Wanneer het Johannes dan sy openbaring van Christus in al sy heerlikheid gekry?

Die Ewige Lewe Maai

David Wilkerson (1931-2011)

Ons het almal gehoor, “Net wat die mens saai, dit sal hy ook maai” (Galásiërs 6:9), en dit word gewoonlik met ‘n negatiewe konnotasie genoem, maar daar is ook ‘n positiewe kant deur te saai: “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie” (6:9).

‘n Gelykenis is ‘n storie wat ‘n waarheid illustreer en in die gelykenis van die talente, fokus Jesus primêr op die goeie kant van saai, wat saai in die Gees is om die ewige lewe te maai.

Die Krag om Weer te Gaan

Claude Houde

“En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan het, kom daar ’n hoofman oor honderd na Hom toe en smeek Hom en sê: Here, my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne. Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak. En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ’n woord, en my kneg sal gesond word” (Matthew 8:5-9).

Die Krag van die Heilig Gees in Jou Lewe

Jim Cymbala

Die Heilige Gees is word te min waardeer en te min oor gepreek in die een-en-twintigste-eeu-kerk. ‘n Soort vooroordeel rakende die Heilige Gees keer dat baie van Hom hoor. Trouens, die liggaam van Christus word dikwels in twee dele verdeel. Een kant beklemtoon die Woord van God en distansieer homself van dít wat beskou word as die emosionele fanatisisme wat dikwels verbind word met diegene wat die werk van die Heilige Gees beklemtoon.

Versoekings Beleef

David Wilkerson (1931-2011)

Satan sal alles in sy vermoë doen om jou te versoek en te laat afdwaal van God se bestemming vir jou. Hy sal jou roeping ondermyn, jou van jou salwing beroof en jou oortuig dat God se goedkeuring op jou lewe ‘n leuen is. 

Blydskap Deur Bekering

David Wilkerson (1931-2011)

Die getuienis wat God in sy kinders wil voortbring, is blydskap – ware, blywende blydskap. “Die blydskap in die Here - dit is jul beskutting” (Nehemía 8:11). Hierdie blyskap, wat die gevolg is van Bybelse prediking en ware bekering, bring ware krag vir God se kinders en trek sondaars in sy huis in.