Body

Afrikaans Devotionals

Wanneer Dit Lyk of Jesus Stil Is

Gary Wilkerson

Nadat Jesus gekruisig was, het Josef, ‘n ryk man van Arimathéa, ons Verlosser se liggaam geneem en dit in sy eie graf neergelê. ‘n Massiewe steen was toe voor die opening gerol om die ingang na die graf te seël – wat veroorsaak het dat almal om die Meester baie hartseer en moedeloos gevoel het. Die Skrif sê dat ‘n groep vroue, insluitend Maria Magdalena, oorkant die graf gesit en waarskynlik gebid het: “Wat sal gebeur noudat Jesus weg is? Hoe gaan ons aan?” (sien Matthéüs 27:57-61).

Die Welbehae van God

David Wilkerson (1931-2011)

God het met Jesaja oor ‘n sekere dienskneg wat sy hart sou behaag gepraat: “Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel ’n welbehae het” (Jesaja 42:1).  Wie is die een wat God ondersteun en dra en al sy treë bewaar? Wie is sy Uitverkorene, sy Gekosene – die een in wie Hy so ‘n welbehae het?

Wat Op Aarde het van God se Dag Geword?

David Wilkerson (1931-2011)

Sondae was gewoonlik die dag wat opsy gesit was as die Here se Dag, ‘n dag om God te aanbid en van alle ander aktiwiteite te rus. Vandag is Sondag nie meer ‘n heilige dag nie. Dit is jammer dat baie Christene nie meer na Sondag kyk as ‘n dag om Christelike aktiwiteit prioriteit te gee nie. Miljoene gelowiges kan gesien word waar hulle op pad is na hulle familie se wegbreekplek – ‘n hut in die berge, ‘n huis op die platteland of ‘n houthuisie by die meer. Vir hulle is Sondag een groot dag van bootry, swem, ski of om op vaarte of uitstappies te gaan.

Die Pad na Heiligheid

David Wilkerson (1931-2011)

“So is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen lede van mekaar” (Romeine 12:5). Deur geloof is ons die lede van Christus se liggaam, aangeneem in een familie. Daar is nie langer swart, wit, geel, bruin, Jood of heiden nie. Ons is almal uit een bloed – een nuwe mens – in Christus Jesus! En as gevolg van Christus se werk aan die kruis, kan die mens nie heilig word deur goeie werke, regverdige dade, menslike pogings of strewes van die vlees nie.

Is Jesus op die Troon van Jou Hart?

David Wilkerson (1931-2011)

God die vader het Christus as Koning oor alle nasies en die hele natuur gekroon, sowel as Here oor die kerk. Dit maak nie saak hoe dinge aan die buitekant lyk nie. Alles mag skynbaar buite beheer wees en lyk of die duiwel heerskappy oorgeneem het, maar God het in werklikheid alle dinge onder Jesus se voete gestel.  

Ondersoek Jou Hart

Gary Wilkerson

God is agter elke glorieryke werk en Hy sal sy heerlikheid nie deel nie. Hy het rein werktuie nodig om sy werk te doen. Op die toppunt, wanneer sy seën en krag vrylik deur sy kinders vloei, sê Hy vir hulle, “Wag eers en hou alles terug want Ek wil julle harte ondersoek.”

Die Regte Ding op die Regte Tyd

Tim Dilena

Moses het met God ontmoet, dikwels op ‘n dramatiese manier; die Woord sê vir ons, “Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in ’n vuurvlam uit ’n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur” (Exodus 3:2). Op daardie stadium het God Moses geroep om die kinders van Israel uit slawerny uit Egipte te lei en hy moes sy lewe onderstebo keer om die leiding van die Here te volg. “Toe gaan Moses weg en kom by sy skoonvader Jetro terug, en hy sê vir hom: Laat my tog trek en na my broers teruggaan wat in Egipte is ... En Jetro sê vir Moses: Gaan in vrede” (Exodus 4:18-19).

Om Mislukte Verwagtinge te Hanteer

David Wilkerson (1931-2011)

Sommige gelowiges koester ‘n wrok teen God, wat baie gevaarlik kan wees. Dit is jammer dat ‘n toenemende aantal bedienaars toenemend ontnugter, uitgebrand en selfs kwaad word vir God en hulle roeping laat vaar. Hoewel dit moeilik is om te verstaan, redeneer baie van hulle, “Ek was ywerig en getrou – ek het my beste gegee – maar hoe harder ek gewerk het, hoe minder resultate het ek gesien. My gemeente het my nie waardeer nie en al my gebede was verniet. Nou staan ek terug sodat ek dinge kan uitredeneer.”

Kalm in die Storm

David Wilkerson (1931-2011)

God het aan die profeet Sagaría belowe dat Hy in die laaste dae ‘n beskermende muur van vuur rondom sy volk sal wees: “En Ek sal vir hom wees, spreek die Here, ‘n vurige muur rondom en tot heerlikheid daar binne-in” (Sagaría  2:5). Net so, het Jesaja getuig: “En daar sal ‘n afdak wees vir ‘n skaduwee bedags teen die hitte en vir ‘n skuilplek en toevlug teen die stortbui en die reën” (Jesaja 4:6).

Kokende Bitterheid

David Wilkerson (1931-2011)

Amerikaners het blykbaar die gewoonte om kookterme te gebruik om emosies te beskryf. Byvoorbeeld, ‘n ontstelde persoon word beskryf as iemand wat stoom en ‘n mens wat kwaad is, word na verwys as kokend.

Dink aan die kwaai, beskuldigende woorde wat Josef se broers na hom geslinger het. Satan het hulle hierdie woorde in die mond gelê, omdat hy wou hê dat Josef aan bitterheid moes vashou en jare deurbring om te prut in die pot van woede, wraak en haat. Dank God, Josef het dit alles neergewerp – hy het nie toegelaat dat dit prut nie!