Body

Afrikaans Devotionals

Bewus van die Heilige Gees

Jim Cymbala

Petrus was ‘n vername dissipel en tog het hy die Here drie keer verloën. Na die verloënings, het Petrus in die nag ingeloop en geween. Hy het nie sy verhouding met Jesus op daardie oomblik verloor nie, maar hy het die pyn van sy verraad en die verlies van ‘n innige vriendskap met iemand wat hy innig liefgehad het, akuut gevoel. Die Gees het in hom gewerk om die pyn wat tot bekering en herstel lei te bring.

Vermy Jy Gemeenskap Met Jesus?

David Wilkerson (1931-2011)

Hoe sou jy voel as jy ‘n wonderlike maaltyd voorberei het, gaste oorgenooi het wat gesê het hulle sou kom, en toe, nadat alles voorberei en gereed was om te bedien, niemand opgedaag het nie? Die meeste van ons sal nogal verwerp en teleurgesteld voel. Dit is egter wat gebeur het in hierdie gelykenis wat Jesus aan sy dissipels vertel het in Lukas 14.

Die Krag van die Bloed

David Wilkerson (1931-2011)

Die kosbare bloed van Jesus Christus is ongetwyfeld die kosbaarste gawe wat ons hemelse Vader aan Sy kerk geskenk het. So min Christene verstaan egter die waarde en krag daarvan. Hulle sing oor die krag van die bloed. Trouens, die lied van die Pinksterkerk is, “Daar is krag, krag, wonderbare krag in die kosbare bloed van die Lam” (Lewis E. Jones). En heeltyd “pleit ons die bloed” soos een of ander mistiese formule vir beskerming. Maar min Christene kan die groot heerlikheid en voordele daarvan verduidelik en selde die krag daarvan toe-eien.

Wat is Prioriteit in jou Lewe?

David Wilkerson (1931-2011)

Talle goeie mense wat hulleself as Christene beskou, is oortuig dat hulle hemel toe gaan, maar ongelukkig is hulle verkeerd. Selfs al gee hulle nie toe aan enige groot sonde nie en doen baie goeie werke, het hulle ywer vir goeie dinge die dinge van God weggestoot.

Christus se Gebed vir sy geliefdes

David Wilkerson (1931-2011)

God die Vader het Sy Seun Jesus aangestel om vir ons ‘n Hoëpriester in die hemel te word. Jesus is inderdaad in die hemel op hierdie oomblik – as beide Mens en God – om ons onthalwe. Hy is getooi in die klere van ‘n Hoëpriester – en Hy staan voor die Vader en tree vir ons in.

Oorwinning Deur God se Middele

Carter Conlon

“En my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God” (1 Korinthiërs 2:4-5). Paulus was alles behalwe ‘n swak man in die vlees; trouens, hy was ‘n leier onder leiers. Hy het eenkeer selfs gesê dat hy onberispelik was aangaande die werke van die wet (sien Filippense 3:6).

Lewe in Wonderlike Vryheid

David Wilkerson (1931-2011)

Die fundamentele waarheid van die Christendom is regverdigmaking (vryspraak) deur geloof. Jy sal nooit ware rus en vrede ken, totdat jy oortuig is dat jou eie werke van geregtigheid jou nooit in God se oë kan regverdig nie. Jy mag dalk goed voel oor die goeie werke wat jy doen en jy sal waarskynlik ‘n oomblik van oorwinning geniet wanneer jy versoeking weerstaan. Jy voel God se genade op jou, maar die volgende dag val jy weer terug in sonde en verloor jou blydskap. Waarom? Omdat jy in jouself altyd te kort skiet. En geen geregtigheid van die vlees sal ooit voor God stand hou nie.

Hy Bly Getrou om te Verlos

David Wilkerson (1931-2011)

Is dit moontlik vir regverdige, goddelike, Geesvervulde Christene om so neerslagtig en terneergedruk te word dat hulle voel dat hulle nie kan voortgaan nie? Om in werklikheid op die rand van moedverloor se vlakte te wees? Hulle is gelowiges wat naby aan Jesus is, sy hart en gedagtes ken, in gebed stry en sy wonderwerke beleef.