God Bereik Sy Doel
Die Ou Testament vertel ons van Jakob, ‘n bedrieglike, misleidende, konkelende, manipulerende, onderkruipende man – vir wie God baie lief was! Sy lewe is vol wonderlike lesse vir ons oor God se handelinge met die menslike natuur.
Die Ou Testament vertel ons van Jakob, ‘n bedrieglike, misleidende, konkelende, manipulerende, onderkruipende man – vir wie God baie lief was! Sy lewe is vol wonderlike lesse vir ons oor God se handelinge met die menslike natuur.
Soos die tyd van Christus se wederkoms nader kom, gaan die duiwel die sluise van die hel teen God se kinders oopmaak. Ons sien dit reeds gebeur binne die mure van die kerk, omdat Satan God se huis geïnfiltreer het met subtiele leuens en valse leerstellinge. Menigtes misleidings en ketterye versprei deur die kerk en Christene sonder onderskeidingsvermoë sluk dit alles.
Sommige gelowiges – selfs bedienaars – glo dat die Ou Testament nie relevant in ons tye is nie en dat dit dus nie meer nodig is om dit te bestudeer nie. Hoe verkeerd is hulle tog! Die Ou Testament verduidelik die Nuwe Testament in duidelike, eenvoudige terme. Die stories is vol tipes en skaduwees van ewige waarhede, wat afgespeel word in die praktiese lewens van regte mense.
Die apostel Paulus het ongelooflike dinge vir die saak van Christus gedoen. Hy het toesig gehou oor kerke deur die hele Asië en sommige gedeeltes van Europa terwyl hy ook gedien het as ‘n evangelis en apologeet. As ‘n ware kenner, het hy die saak vir Christus voor howe en konings verdedig.
Jesus het eenkeer gesê, “Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê” (Johannes 10:10).
‘n Konflik, ‘n oorlog in die hemele woed en mense wat in goddeloosheid lewe, word onwetend pionne daarvan. Hulle harte is oop vir die duisternis en hulle begin hulle hande oplig teen dit wat hulle weet die naaste aan die hart van God is.
God praat met sy kinders deur sy Gees en Hy maak sy stem vir ons duidelik: “En jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle links of wanneer julle regs wil gaan” (Jesaja 30:21).
Jesus het in hierdie wêreld gekom om een rede – om verlore siele te bereik en te red. “Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Lukas 19:10). En Hy het dit ook óns sending gemaak toe Hy gesê het, “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Markus 16:15).
Petrus skryf: “Die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos” (2 Petrus 2:9). En op ‘n ander plek skryf Paulus: “Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan verdra” (1 Korinthiërs 10:13).
“Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie ... een maal ingegaan” (Hebreërs 9:11,12).
Net soos die hoëpriester met die trappe na die allerheiligste opgeklim het op die Dag van Versoening, het ons Hoëpriester Jesus opgevaar na die hemelse tabernakel. Trouens, Johannes beskryf waar hy Jesus in sy priesterlike kleed sien: “met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel” (Openbaring 1:13).
“Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is” (Romeine 9:30).